Jy moet elke twee uur sonskerm aanwend.
Maar hoeveel is genoeg? Te veel kos geld en te min beskerm jou nie genoeg nie.
Kyk hier in watter klere jy gaan wees en sit die regte hoeveelheid sonskerm aan.
Aktiwiteit | Jou klere | Soveel teelepels sonskerm |
Jy swem en sonbaai | ’n bikini | 6,5 |
’n vol swembroek | 4,5 | |
’n bikinitop met ’n rompie | 5 | |
Jy stap of draf | ’n bandjiestoppie, kortbroek en sonpet | 3,5 |
Jy doen tuinwerk | ’n t-hemp met moue, kortbroek en hoed | 3 |
Jy ry fiets | ’n fietsryhemp met moue, fietsbroek, tekkies en valhelm | 2 |
Jy kuier by ’n buiterestaurant | ’n bandjiestoppie en jeans of ’n kortbroek | 2 |