kategorieë: Gesondheid

Hoeveel slaap het jou kinders nodig?

Elkeen van hulle het ’n ander slaapbehoefte. Die aantal ure se slaap wat die een benodig, kan te veel of te min wees vir die ander. Deur Salomé Delport.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Waarom verander babas wat nooit wil slaap nie in tieners wat nie kan ophou slaap nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoeveel ure se slaap het ons nodig?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jou kind móét genoeg slaap om goed te kan konsentreer én vir gesonde breinontwikkeling. ’n Moeë brein kan nie konsentreer en nuwe kennis inneem nie, wat nog te sê van presteer. Dus hang sy of haar skoolprestasie – en daarmee saam hul loopbaanmoontlikhede – af van ’n goeie nagrus. Jou eie toekoms word ook deur genoeg slaap bepaal.

Navorsing bewys keer op keer dat mense wat te min slaap, meer koolhidrate eet en meer gewig optel as mense wat genoeg slaap. Hulle is ook meer geneig tot depressie, hartkwale en diabetes. ’n Gesonde slaapsessie is jou as ouer se verantwoordelikheid – nie jou kind s’n nie. Jy is die een wat hieroor moet besluit … en vir jouself ook.

Hoe om jou kind se slaaptyd uit te werk

• Jy kan dit self uitwerk deur eers te kyk hoeveel slaap hulle op hul ouderdom nodig het, en dan van die opstaantyd af terugtel tot by die mees geskikte slaaptyd.

• Soos die tabel hieronder wys, het tieners nege tot tien uur slaap per nag nodig. As jou tiener eers twaalfuur gaan slaap, gáán hy sukkel om teen 6.30 soggens op te wees vir skool.

• Onthou ook dat party kinders ’n uur meer nodig het as ander – en dat dit baie moontlik is dat jou een kind met baie minder slaap oor die weg kan kom as die ander.

• Baseer jou kind se slaaptyd op die maksimum ure, en as hy soggens altyd baie vroeg wakker is, skuif sy slaaptyd later.

Hoeveel ure slaap tieners nodig het … en babas en bejaardes

Die American Academy of Sleep Medicine sê gesonde kinders het soveel slaap nodig:

• Babas tot twaalf maande kan 12-16 uur slaap.

• Een- en tweejariges het 11-14 uur se slaap nodig.

• Drie- tot vyfjariges het effe minder nodig: 10-13 uur.

• Ses- tot twaalfjariges het 9-12 uur nodig, wat nog minder is.

• Tieners het almal byna dieselfde slaapbehoefte, naamlik 9-10 uur per nag.

• Volwassenes het minder nodig, 7-9 uur.

• Bejaardes het die minste slaap nodig: ’n uur minder as wat hulle as volwassenes geslaap het. Dus iewers tussen 6 en 8 uur.

Bejaardes en slaaploosheid

Baie dikwels probeer bejaardes wat kla dat hulle nie kan slaap nie, té lank slaap. Kyk wat gebeur as jy jou slaaptyd verander deur óf later te gaan slaap óf vroeër op te staan.

Slaapapnee is ’n onderskatte oorsaak van slaaptekort by volwassenes en by mense bo vyftig. Dit is oukei as jy snork, want daar is oefeninge vir snork wat dit dramaties verbeter. Maar slaapapnee is nooit sommer maar net niks nie.

As jou tiener altyd min slaap of kla dat hy moeg is, kan dit ook met sy tiroïed verband hou. Mense met ’n ooraktiewe tiroïed slaap tipies minder as ander mense.

Lees ook: Met liefde & reëls: 18 wenke vir moderne ouers

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

6 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

7 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

7 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

7 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

7 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.