Hoeveel slaap het jy regtig nodig? Deur Salomé Delport
Hoe laat is slaaptyd?
Baie mense slaap sleg juis omdat hulle te véél slaaptyd toelaat. Een van die kunsies van ’n lekker nagrus is so eenvoudig soos om die regte aantal slaapure vir jou uit te werk.
Hoeveel slaap het jy dan nou nodig?
Volgens die American Academy of Sleep Medicine is dit soveel vir gesonde, aktiewe mense:
- Babas slaap die meeste van almal – tussen 12 – 16 uur.
- Een- en tweejariges het 11 – 14 uur nodig.
- Drie- tot vyfjariges het effe minder nodig: 10 – 13 uur.
- Ses- tot twaalfjariges het 9 – 12 uur nodig, wat nog minder is.
- Tieners het almal byna dieselfde slaapbehoefte, naamlik 9 – 10 uur per nag.
- Volwassenes het minder as tieners nodig, sowat 7 – 9 uur.
- Bejaardes het die minste slaap nodig: ’n uur minder as wat hulle as volwassenes geslaap het. Dus iewers tussen 6 – 8 uur.
Lees ook: Wat jy moet weet oor slaap en menopouse
Dit is ’n proses om jou beste slaaptyd uit te werk. Begin so:
Lees ook: 14 redes hoekom jy sleg slaap en wat jy daaraan kan doen
1 Bepaal jou slaaptyd
- Hoeveel is die aangewese maksimum slaapure vir jou?
- Hoe vroeg moet jy opstaan?
- Tel hiervandaan af terug.
2 Bepaal hoeveel slaap het jy nodig
- Gaan slaap twee weke lank elke aand so laat as wat jy uitgewerk het.
- Teken jou spontane wakkerwordtyd aan.
- As jy elke oggend vanself min of meer teen opstaantyd wakker word, is jy by jou regte slaaptyd.
- As jy konsekwent vroeër wakker is, kan jy jou slaaptyd ooreenstemmend later skuif.
- As jy steeds nie vanself wakker word nie, het jy meer slaap as gemiddeld nodig, met ’n ooreenstemmende vroeër slaaptyd.
- Jou spontane wakkerwordtyd wys vir jou hoeveel slaap jy nodig het. As jy dus soms baie later gaan slaap, weet jy nou hoeveel slaap jou liggaam nodig het, en hoeveel later jy die volgende oggend moet slaap om
verfris op te staan.
Lees ook: Hoe om slaapdagboek te hou vir ’n beter nagrus
Hooffoto: Acharaporn Kamornboonyarush vir Pexels