Ons het louriertakkies gebruik, maar jy kan sosatiestokkies gebruik.
80 ml (1/3 k) sojasous
3 ml (1/2 t) gemaalde gemmer
25 ml (5 t) geroosterde sesamsaad
45 ml (3 e) heuning
30 ml (2 e) witwynasyn
30 ml (2 e) sonneblomolie
2 hoenderborsies
Instructions
Meng die sojasous, gemmer, sesamsaad, heuning, asyn en olie in ’n groot mengbak.
Druk die hoenderborsies effens plat en sny horisontaal middeldeur sodat jy 4 plat, dun stukkies hoender het. Sny die hoender oorlangs in 4 repe van ±2 cm breed. Sit die repe in die marinade en laat vir minstens 30 min. in die yskas rus.
Week intussen die louriertakkies of sosatiestokkies vir 20 min. in water.
Haal die hoender uit die marinade. Ryg die vleis op die stokkies en sit op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Rooster vir 3 min. aan elke kant tot goudbruin.