Serves:Genoeg vir 5 x 500 ml-bottelsNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
500 g fetakaas, gekrummel
’n groot hand vol gekapte kruie: kruisement, basiliekruid, pietersielie en tiemie
5 piepkuikens
sout en gemaalde swartpeper
10 babawortels, geskil en middeldeur gesny
10 fyn groenbone l 5 babapreie, gewas en middeldeur gesny
1 suurlemoen, in wiggies gesny
1 ui, in wiggies gesny
olyfolie
Maldon-sout
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C. 1 Meng die fetakaas en kruie en hou eenkant. 2 Geur die holtes van die piepkuikens met sout en peper. 3 Wikkel die vel oor die borsgedeelte versigtig met jou vingers los. 4 Verdeel die fetakaasmengsel en druk onder die vel oor die bors en boudjies in. 5 Verdeel die groente en druk in die holtes van die kuikens. 6 Bind die bene met kombuistou toe. 7 Smeer die hoenders met olyfolie en geur met sout. 8 Rooster vir 45-50 min. tot die vleissappe helder uitloop en die vel goudbruin is.