Hoendertjies uit die tuin
Serves: Genoeg vir 5 x 500 ml-bottels
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 500 g fetakaas, gekrummel
- ’n groot hand vol gekapte kruie: kruisement, basiliekruid, pietersielie en tiemie
- 5 piepkuikens
- sout en gemaalde swartpeper
- 10 babawortels, geskil en middeldeur gesny
- 10 fyn groenbone l 5 babapreie, gewas en middeldeur gesny
- 1 suurlemoen, in wiggies gesny
- 1 ui, in wiggies gesny
- olyfolie
- Maldon-sout
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Meng die fetakaas en kruie en hou eenkant.
2 Geur die holtes van die piepkuikens met sout en peper.
3 Wikkel die vel oor die borsgedeelte versigtig met jou vingers los.
4 Verdeel die fetakaasmengsel en druk onder die vel oor die bors en boudjies in.
5 Verdeel die groente en druk in die holtes van die kuikens.
6 Bind die bene met kombuistou toe.
7 Smeer die hoenders met olyfolie en geur met sout.
8 Rooster vir 45-50 min. tot die vleissappe helder uitloop en die vel goudbruin is.
Rooi Rose
Lees Meer
Varkrafeltjie-vleis met karamelpynappels
13/12/2024
Hoendergereg in romerige tamatiesous
22/11/2024
Lenteslaai met ’n verskeidenheid eiers
30/10/2024