Resep deur Vickie de Beer, bygestaan deur Margie Els, Michéle Stander, Melissa Pecoraro. Foto’s deur Michael le Grange.
1. Meng die jogurt, kerriemengsel en knoffelhuisie saam. Giet oor die hoender en marineer vir 30 min. in die yskas. Raita Kruie-kekerertjiesHoendertikka-en-kekerertjiepita’s
Ingredients
Instructions
2. Sit die mielie in ’n mikrogolfvaste bak en giet water in die bodem met ’n knypie sout. Bedek met kleefplastiek en kook vir ± 8 min. tot gaar. Sny die pitte van die stronk af en hou eenkant.
3. Vir die raita, meng die jogurt, komkommer, kruie, suurlemoensap en komyn saam. Geur na smaak en hou eenkant.
4. Meng die kekerertjies, suurlemoensap en -skil, grasuie en pietersielie en die ander helfte van die kruie saam. Geur na smaak en hou eenkant.
5. Verhit ’n riffelpan oor matige-hoë hitte en braai die pitabrode vir ± 1 min. aan elke kant tot liggies gerooster.
6. Sprinkel die hoenderborsies met olyfolie en braai in die riffelpan vir ± 5 min. aan elke kant tot gaar.
7. Skeur die borsies in repies en vul die pita’s met dit en die mieliepitte, raita en kekerertjies.