Hoenderslaai met vars klapper
Serves: Genoeg vir 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Vars klapper gee ’n heerlike smaak en krakerigheid aan geregte. Maar dit verg ’n bietjie moeite om die sappige vlees uit die harde dop te haal. Maak so: Trek die meeste hare van die kokosneut af. Maak met ’n skroewedraaier gaatjies in die drie donker kolletjies (“die oë”) aan die bopunt van die vrug en dreineer die melk. Voorverhit die oond tot 200 °C. Bak die heel klapper vir 20 min. en haal uit. Hou die een kant van die warm klapper met ’n vadoek vas en kraak die dop met ’n swaar, stomp voorwerp soos ’n hamer. Breek oop en maak met ’n groenteskiller krulle van die vlees.
- 20 ml (1 e + 1 t) sagte bruinsuiker
- 200 ml (¾ k + 1 e + 1 t) klappermelk
- 45 ml (3 e) lemmetjiesap
- 5 ml (1 t) sesamolie
- 2 hoenderborsies, oopgevlek en middeldeur gesny
- 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie
- sout en gemaalde swartpeper
- hand vol kruisement
- vars of gedroogde klapperkrulle
- hand vol mangetout, in die lengte in repies gesny
- 1 komkommer, gerasper
- 30 ml (2 e) sesamsaad, gerooster
- lemmetjiewiggies
Instructions
1 Maak ’n klappermelksous: Bring die suiker, klappermelk en 30 ml (2 e) van die lemmetjiesap oor matige hitte tot kookpunt. Laat prut vir 5 min. Laat afkoel.
2 Meng die res van die lemmetjiesap en die sesamolie. Marineer die hoender vir 30 min. daarin.
3 Verhit die olie in ’n pan oor matige tot hoë hitte. Braai die hoender vir sowat 3 min. aan elke kant in die olie tot goudbruin en gaar. Geur na smaak.
4 Skeur die hoender in repies en meng die klappermelksous deur. Voeg die kruisement, klapper, mangetout, komkommer en sesamsaad by en meng deur. 5 Sit met lemmetjiewiggies voor.
Michelle Nortje
Lees Meer
Pynappel-en-rooi-soetrissie hoendersosaties
14/03/2025
Oosterse waatlemoenslaai
07/03/2025
Driekleur-pastaslaai
25/02/2025