Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
• 200-250 g gaar hoender, in repe geskeur
• 2 klein koppe Iceberg- of bindslaaiblare (cos), losgebreek en gewas
• 2 avokado’s, middeldeur gesny, pitte uitgehaal en met suurlemoensap besprinkel
• 125 ml parmesaanskaafsels – maak die krulle met ’n groenteskiller
• 2 eiers, 2 min. gekook tot sag
Sous
• 250 ml crème fraîche
• 125 ml fyn gerasperde parmesaan- of pecorino-kaas
• 80 ml olyfolie
• 30 ml suurlemoensap
• 15 ml heuning
• 5 ml fyn gekapte knoffel
• sout
Instructions
Slaai 1 Meng al die bestanddele in ’n voedselverwerker, of met ’n stokmenger. Hou eenkant. 2 Pak die blare op ’n mooi dienbord uit, skep die hoender bo-op, gevolg deur lepels avokado uit die skil geskep. 3 Rond af met parmesaanskaafsels. Sny die eiers versigtig middeldeur en pak op die slaai. Geur met sout. 4 Sit die sous saam met die slaai voor.