Hoenderslaai met romerige parmesaan-slaaisous
Serves: Genoeg vir 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- • 200-250 g gaar hoender, in repe geskeur
- • 2 klein koppe Iceberg- of bindslaaiblare (cos), losgebreek en gewas
- • 2 avokado’s, middeldeur gesny, pitte uitgehaal en met suurlemoensap besprinkel
- • 125 ml parmesaanskaafsels – maak die krulle met ’n groenteskiller
- • 2 eiers, 2 min. gekook tot sag
- Sous
- • 250 ml crème fraîche
- • 125 ml fyn gerasperde parmesaan- of pecorino-kaas
- • 80 ml olyfolie
- • 30 ml suurlemoensap
- • 15 ml heuning
- • 5 ml fyn gekapte knoffel
- • sout
Instructions
Slaai
1 Meng al die bestanddele in ’n voedselverwerker, of met ’n stokmenger. Hou eenkant.
2 Pak die blare op ’n mooi dienbord uit, skep die hoender bo-op, gevolg deur lepels avokado uit die skil geskep.
3 Rond af met parmesaanskaafsels. Sny die eiers versigtig middeldeur en pak op die slaai. Geur met sout.
4 Sit die sous saam met die slaai voor.
Vickie de Beer
Lees Meer
Die lekkerste botterbroodjies (skons)
21/01/2025
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025