kategorieë: KosSomerkos

Hoenderslaai met avokadohoemoes en krakerige antieke grane

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Avokadohoemoes
• hand vol kruisement
• 50 g babaspinasie
• 5 ml (1 t) komynsaad, liggies gerooster en gemaal
• 2,5 ml (½ t) gerookte paprika
• 1 knoffelhuisie, fyn gekap
• 45 ml (3 e) suurlemoensap
• 1 x 400 g-blikkie kekerertjies, gedreineer
• 1 avokado, geskil
• 15 ml (1 e) tahini
• sout en swartpeper

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Bring ’n kastrol met water tot kookpunt.
2 Dompel die kruisement en spinasie vir 15-30 sek. in die kookwater. Dreineer en laat lê vir 1 min. in yswater.
3 Druk al die vloeistof uit en hou eenkant.
4 Meng die kruisement, spinasie, komyn, paprika, knoffelhuisie, suurlemoensap, kekerertjies, avokado en tahini in ’n voedselverwerker tot glad.
5 Geur met sout.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Krakerige antieke grane

• Meng 125 ml (½ k) heel bokwiet, 125 ml (½ k) heel gars, 125 ml (½ k) okkerneute, 125 ml (½ k) pampoensaad, 30 ml (2 e) heuning, 30 ml (2 e) olyfolie, 2,5 ml (½ t) komynsaad, liggies gerooster, 2,5 ml (½ t) gerookte paprika en 1 fyn gekapte knoffelhuisie.
• Verhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Versprei die mengsel eweredig oor die bakplaat. Bak vir 30-35 min. of tot goudkleurig en krakerig.

LEES OOK: Beet-falafels met platbrode van antieke grane

LEES OOK: Dadel-en-graan-beskuitjies met botterskorsie-hoemoes

Slaai
• 4 hoenderborsies (sonder vel en been), oopgevlek
• 45 ml (3 e) olyfolie
• gerasperde skil van 1 suurlemoen
• 1 knoffelhuisie, gekap
• 10 ml (2 t) heuning
• 250 g kersietamaties
• 4 eiers, sag gekook, afgedop en middeldeur gesny (ons het die eiers vir 4 min. in borrelende water gekook).

1 Verhit die oond tot 200 °C.
2 Sit die hoenderborsies in ’n mengbak met 30 ml van die olyfolie, suurlemoenskil, knoffel en heuning. Marineer vir 30 min.
3 Verhit ’n riffelpan oor matige hitte. Braai die hoender vir 5 min. aan elke kant of totdat riffelmerke verskyn. Geur met sout.
4 Sit die hoenderborsies en kersietamaties op ’n oondpan. Sprinkel die oorblywende olyfolie oor.
5 Rooster vir 15-20 min. of totdat die vleis gaar en die tamaties liggies gerooster is.
6 Sny die hoender in dun repies. Pak die slaai in bakkies uit met die avokadohoemoes, avokado, hoenderrepies, kersietamaties, eier en krakerige grane.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Staatmaker-viskoekies

Genoeg vir 8 viskoekies   Bestanddele   Viskoekies: 500 g gevriesde stokvis olyfolie om mee…

2 hours Gelede

Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…

5 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

5 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

5 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.