Genoeg vir 4
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Sous
• 20 ml (4 t) sojasous
• 30 ml (2 e) heuning
• sap en gerasperde skil van
1 lemoen
Roerbraai
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 15 ml (1 e) gekapte gemmer
• 15 ml (1 e) gekapte knoffel
• 15 ml (1 e) gekapte brandrissie
• 500 g hoenderborsies, in blokkies gesny
• 100 g broccolini, in die lengte deur gesny
• hand vol boontjiespruite
• 1 groen soetrissie, fyn gekap
• ½ rooikool, dun gesny
• 1 klein pynappel, geskil en in blokkies gesny
• hand vol koljander
• hand vol kruisement
• 125 ml (½ k) gevlokte amandels
• 30 ml (1 e) swart sesamsaad
• 250 g Oosterse eiernoedels, gekook volgens die aanwysings op die pakkie
1 Meng die sousbestanddele in ’n bakkie. Hou eenkant.
2 Verhit die olie oor hoë hitte in ’n groot wok. Voeg die gemmer, knoffel en brandrissie by en roerbraai vir 1 min.
3 Voeg die hoender by en roerbraai vir 5 min. of tot goudkleurig en gaar. Geur met sout. Skuif die hoender teen die kante van die wok op.
4 Roerbraai die broccolini en boontjiespruite vir 2 min. in die middel van die wok.
5 Voeg die soetrissie, rooikool en pynappel by. Roerbraai vir 2 min. Voeg die sous by en roerbraai vir nog 2 min. Roer alles deur tot dit met die sous bedek en deurwarm is.
6 Strooi die amandels en sesamsaad oor. Sit met vars koljander, kruisement en eiernoedels voor.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.