1 e (15 ml) fyngekapte vars gemmer en fyngekapte knoffel
4 grasuie, ruweg gekap
1 t (5 ml) gekapte brandrissies
¼ k ongesoute geroosterde kasjoeneute
500 g ontbeende hoenderdye (koop so by die supermark)
¼ k (60 ml) sjerrie
3 e (45 ml) sojasous
4 ontpitte dadels gesny
sap van een lemmetjie
2 hande vol fyngekapte vars koljanderblare
Instructions
Verhit die olie en botter in ’n groot pan oor matige hitte. Geur die hoender met sout en verbruin alkant tot goudkleurig. Skep uit en hou eenkant.
Braai die gemmer, knoffel, grasuie en brandrissie vir 2 min. of tot die knoffel goudkleurig is.
Voeg die kasjoeneute en hoender by en braai vir 5 min.
Voeg die sjerrie, sojasous, dadels en lemmetjiesap by en laat die mengsel vir sowat 7 min. prut tot die sous afgekook is en die hoender gaar is.
Roer die vars koljander by en laat afkoel voor jy die gereg in ’n digsluitende houer bêre.
Hoenderpasteitjies
Genoeg vir 10-12 klein pasteitjies. Bêre vir 2-3 dae in ’n digsluitende houer in die yskas. Die deeg is gluten- en koolhidraatvry.
Deeg: • Meng 180 g (1½ k) gerasperde mozzarella en 45 g (3 e) roomkaas in ’n mikrogolfvaste bak. • Mikrogolf vir 2 min. op hoë krag, of tot die kaas gesmelt is. • Voeg 1 liggies geklitste eier by, gevolg deur 150 g (1½ k) amandelmeel en 2,5 ml sout en meng goed. • Keer die mengsel op ’n skoon werksvlak uit en knie liggies tot ’n deeg. • Druk die deeg plat, draai in kleefplastiek toe en laat rus vir sowat 10 min. in die yskas. Verhit die oond tot 180˚C. • Rol die deeg tussen 2 velle bakpapier uit tot sowat 2 mm dik. • Sny 12 groot sirkels met ’n deursnee van 6 cm en 12 kleiner sirkels met ’n deursnee van 4 cm uit en voer ’n muffinpan met 12 holtes uit. • Meng 250 ml (1 k) hoender (*sien resep onder) met 45 ml (3 e) crème fraîche. • Skep 2-3 e van die hoender in elke holte en bedek met die kleiner sirkels. • Seël die randjies en bak vir 20 min. of tot goudkleurig.
Die hoender sal vir 2-3 dae in die yskas vars bly.