Serves:1 groot pastei, genoeg vir 4 menseNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
1 hoender
1 bouquet garni (tiemie, pietersielietakkies en lourierblare met ’n toutjie vasgebind)
1 wortel, grof gekap
1 ui, grof gekap
1 selderystokkie, grof gekap
sout en gemaalde peper
3 heel naeltjies
3 wonderpeperkorrels
125 ml (½ k) droë witwyn
45 ml (3 e) botter
’n raspertjie neutmuskaat
30 ml (2 e) sago, geweek in ’n bietjie water
2 eiergele
1½ e suurlemoensap
400 g klaarbereide blaardeeg
1 eier liggies geklits met ’n knypie sout
Instructions
Verbruin die hoender en groente in ’n groot, diep kastrol.
Bind die naeltjies en wonderpeper in ’n moeselienlappie toe en sit by die hoender. Bedek die hoender met water en kook stadig tot sag en gaar. Geur met sout en peper.
Haal die hoender uit en verwyder al die bene. Hou 125 ml van die vloeistof eenkant. Vries die res van die geurige vloeistof en hou vir sop en risotto.
Kook die hoender,aftreksel, wyn, botter, neutmuskaat en sago tot sag en deurskynend.
Klits die eiers en suurlemoensap liggies saam en voeg by die hoendermengsel. Verlaag die temperatuur en kook tot dik en deurwarm.
Voorverhit die oond tot 200 °C. Rol die deeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide werkvlak en voer ’n 20 cm-tertpan daarmee uit. Skep die vulsel in en bedek met nog ’n laag uitgerolde deeg. Druk die kante deeglik toe met ’n vurk. Maak deegrosies en -blaartjies met die oorskiet flertsies.