2 x 400 g klaar bereide blaardeeg, by kamertemperatuur
2 uie, geskil, middeldeur gesny en oorlangs in dik skywe gesny
30 ml botter
30 ml olyfolie
125 g sampioene, afgevee en ruweg gekap
125 g repies spek, in blokkies gesny
200 g oorskiethoender
125 ml geurige aftreksel
125 ml room
gerasperde neutmuskaat
sout
Eierglaseersel
1 eier, liggies geklop met ’n knypie sout
Instructions
1 Rol die een stuk deeg dun uit op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak. 2 Voer die boom van ’n ronde 25 cm-oondvaste bak met die deeg uit en laat rus in die yskas. 3 Hou die ander rol deeg ook in die yskas. Vulsel 4 Verhit die botter oor matige hitte in ’n middelslagpan en braai die uie tot sag en karamelkleurig. Skep in ’n bakkie. 5 Verhit die olie in dieselfde pan en braai die sampioene en spek daarin tot gaar. 6 Skep die uie en hoender in die pan en roer deur. 7 Voeg die aftreksel en room by en laat prut vir 5 min. Geur met neutmuskaat en nog sout indien nodig. Laat die vulsel effens afkoel. 8 Voorverhit die oond tot 200 °C. Haal die bak met die uitgevoerde deeg uit die yskas en vul met die afgekoelde vulsel. 9 Rol die ander stuk deeg uit en bedek die vulsel daarmee. 10 Sny enige oorhangende deegstukkies versigtig af. Sny patrone uit die res van die deeg en versier die pastei daarmee. 11 Smeer die bolaag met die eierglaseersel. 12 Bak vir 25-30 min. tot goudkleurig en gaar.