Serves:Genoeg vir 6-8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
1 groot geroosterde hoender in stukke gesny
30 ml (2 e) olyfolie
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
2 wortels, geskil en ruweg gekap
2 selderystingels, ruweg gekap
2 preie, gewas en in ringe gesny
30 ml (2 e) masalapoeier
15 ml (1 e) gemaalde koljander
5 ml (1 t) borrie
1 x 410 g-blik heel tamaties
250 g (’n klein hand vol) botterskorsie, geskil en in blokke gesny
250 g (’n klein hand vol) patats, geskil en in blokke gesny
125 ml (½ k) bruinlensies
2 lourierblare
2 liter water
sout en gemaalde peper
’n hand vol koljanderblare
Vinkelolie-naanbrode
8 groot brode
1 sakkie (10 g) kitsgis
60 ml (¼ k) louwarm water
10 ml (2 t) suiker
160 ml melk, by kamertemperatuur
190 ml (¾ k + 2 t) ongegeurde jogurt
1 eier, liggies geklits
30 ml (2 e) botter, gesmelt
540 g (4½ k) koekmeel + ekstra
5 ml (1 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
60 ml (¼ k) olie
30 ml (2 e) vinkelsaad
30 ml (2 e) gekapte knoffel
Instructions
1 Verhit die olie in ’n swaarboomkastrol. Braai die ui, knoffel, wortel, seldery en prei vir sowat 5 min. daarin tot goudbruin. 2 Voeg die masala, koljander en borrie by en braai vir4 min. 3 Voeg die tamatie, botterskorsie, patat, lensies, lourierblare en water by en kook vir 15 min. Die groente en vleis moet met water bedek wees, en afhangende van die grootte van jou pot, sal jy dalk nog water moet byvoeg. Verlaag die hitte en prut vir 1 uur. 4 Voeg die hoenderstukke by en verhit vir sowat 30 min. tot deurwarm. Geur met sout en gemaalde peper na smaak. 5 Voeg nog water by indien ? dunner sop verkies word. Sit met varskoljanderblare en die vinkelolie- naanbrode voor.
Vinkelolie-naanbrode
Voorverhit die oond tot 200 °C en sit ’n bakplaat in die oond om warm te word.
1 Meng die gis, water en suiker en laat staan vir 3-4 min. tot sponserig. 2 Meng die melk, jogurt, eier en botter en hou eenkant. 3 Sif die meel, bakpoeier en sout in die mengbak van ’n elektriese staanmenger en voeg die gis- en melkmengsel by. 4 Meng die deeg vir 4 min. met ’n lae spoed met die spaanbybehoorsel, verhoog die spoed effens en knie tot ’n gladde deeg. Die deeg kan andersins met die hand op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak tot ’n gladde deeg geknie word. 5 Bedek die deeg met ’n klam lap en laat rus vir 45 min. op ’n warm plek tot die deeg verdubbel in grootte. 6 Verhit intussen die res van die olyfolie oor matige hitte en braai die vinkelsaad vir 5-7 min. daarin. Haal van die hitte af en roer die knoffel by. Laat eenkant afkoel. 7 Verdeel die deeg in 8 ewe groot stukke en vorm elk in ’n bal. Werk met een stuk op ’n slag en bedek die res van die deeg met ’n klam lap. 8 Druk die deeg met jou vingerpunte effens plat. Roldan op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak in ’n druppelvorm uit (sowat 24 cm x 15 cm). 9 Verf die deeg met van die vinkel-en-knoffel-olie en sit op die warm bakplaat. Bak vir 10-12 min. in die middel van die oond of tot goudbruin. Herhaal tot al die deeg gebruik is. Sit met die hoenderkerriesop voor.