kategorieë: KosWinterkos

Hoenderkerriepasteie

Genoeg vir 6.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • 125 ml (½ k) koekmeel
  • 60 ml (¼ k) masala-kerriepoeier<
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 1 kg (sowat 8) hoenderborsies, in repies gesny
  • 60 ml (¼ k) olyfolie
  • 2 uie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 1 x 410 g-blik heel, geskilde tamaties
  • 125 ml (½ k) aftreksel
  • 125 ml (½ k) room<
  • hand vol vars koljanderblare, gekap
  • 1 x400g rol gekoopte blaardeeg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Metode

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  1. Meng die koekmeel en kerriepoeier in ’n groot mengbak. Geur na smaak. Rol die hoender in die meel en skud goed af.
  2. Verhit die helfte van die olie oor hoë hitte in ’n groot pan. Braai die hoender vir 3 min. aan elke kant tot goudbruin. Haal uit en hou eenkant.
  3. Verhit die res van die olie in dieselfde pan oor matige hitte. Soteer die uie en knoffel daaarin tot sag en deursigtig.
  4. Voeg die tamaties met die vloeistof by en druk fyn met ’n vurk. Geur na smaak.
  5. Voorverhit die oond tot 200 ºC.
  6. Voeg die hoender by en prut vir 5 min. Verlaag die hitte en voeg die aftreksel en room by. Roer tot die sous deurwarm is. Roer laastens die kruie by.
  7. Rol die blaardeeg effentjies op ’n meelbestrooide werkvlak uit.Sny in vierkante van 4 cm x 20 cm. Skep sowat 45 ml (3 e) hoenderkerrie (of lamskenkelvleis) op die helfte van elke vierkant en vou in ’n driehoek toe. Verf die rande met ’n eier-en-water-mengsel en druk met ’n vurk toe. Verf die bokant van die pasteie met eierglaseersel (1 eier geklop met ’n bietjie water) en bak vir 20 min. tot goudkleurig en gaar. Sit voor met blatjang en vars koljanderblare en klapperkrulle.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.