1. Meng die koekmeel en kerriepoeier in ’n groot mengbak. Geur na smaak. Rol die hoender in die meel en skud goed af.Hoenderkerriepasteie
Ingredients
Instructions
2. Verhit die helfte van die olie oor hoë hitte in ’n groot pan. Braai die hoender vir 3 min. aan elke kant tot goudbruin. Haal uit en hou eenkant.
3. Verhit die res van die olie in dieselfde pan oor matige hitte. Soteer die uie en knoffel daaarin tot sag en deursigtig.
4. Voeg die tamaties met die vloeistof by en druk fyn met ’n vurk. Geur na smaak.
5. Voorverhit die oond tot 200 ºC.
6. Voeg die hoender by en prut vir 5 min. Verlaag die hitte en voeg die aftreksel en room by. Roer tot die sous deurwarm is. Roer laastens die kruie by.
7. Rol die blaardeeg effentjies op ’n meelbestrooide werkvlak uit.Sny in vierkante van 4 cm x 20 cm. Skep sowat 45 ml (3 e) hoenderkerrie (of lamskenkelvleis) op die helfte van elke vierkant en vou in ’n driehoek toe. Verf die rande met ’n eier-en-water-mengsel en druk met ’n vurk toe. Verf die bokant van die pasteie met eierglaseersel (1 eier geklop met ’n bietjie water) en bak vir 20 min. tot goudkleurig en gaar. Sit voor met blatjang en vars koljanderblare en klapperkrulle.