kategorieë: Nuut & NouKos

Hoendergereg in romerige tamatiesous

Deur Rediscover Dairy

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Voorbereidingstyd: 5 minute

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gaarmaaktyd: 20 minute

Bedien: 4 porsies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Porsiegrootte: 300 g

Bestanddele

  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 4 ontbeende hoenderborsies, vel verwyder en in blokkies gesny
  • sout en peper na smaak
  • 10 ml (2 t) paprika

Vir die tamatiesous

  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 2 (4 g) knoffelhuisies, fyn gesny
  • 1½ k tamatiepassata-sous
  • 5 ml (1 t) gedroogde origanum
  • 4 g (1 t) suiker
  • sout en peper na smaak
  • 125 ml (½ k) gewone dubbelroomjogurt of karringmelk

Bediening

  • vars basiliekruid
  • kapokaartappels of rys

Metode

  1. Verhit 30 ml olie in ‘n groot kleefvrye braaipan oor matige hitte.
  2. Geur opgesnyde hoenderborsies met sout, peper en paprika.
  3. Braai hoender in die pan vir 8-10 minute tot gaar. Haal die hoender uit die pan en hou eenkant.
  4. Voeg nog 30 ml olie in dieselfde pan en braai uie vir 3-4 minute tot goed gaar. Voeg die knoffel, sous en origanum by en geur met sout en peper na smaak.
  5. Bring die sous tot kookpunt en verminder die hitte en laat vir nog 10 minute prut.
  6. Verwyder pan van hitte en roer jogurt of karringmelk by. Voeg hoender by die sous. Strooi vars basiliekruid oor en bedien warm saam met kapokaartappels of rys.

Lees ook: Beet-, feta-en-okkerneut-slaai

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

11 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

21 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.