Deur Rediscover Dairy
Voorbereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
Bedien: 4 porsies
Porsiegrootte: 300 g
Bestanddele
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 4 ontbeende hoenderborsies, vel verwyder en in blokkies gesny
- sout en peper na smaak
- 10 ml (2 t) paprika
Vir die tamatiesous
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 1 ui, gekap
- 2 (4 g) knoffelhuisies, fyn gesny
- 1½ k tamatiepassata-sous
- 5 ml (1 t) gedroogde origanum
- 4 g (1 t) suiker
- sout en peper na smaak
- 125 ml (½ k) gewone dubbelroomjogurt of karringmelk
Bediening
- vars basiliekruid
- kapokaartappels of rys
Metode
- Verhit 30 ml olie in ‘n groot kleefvrye braaipan oor matige hitte.
- Geur opgesnyde hoenderborsies met sout, peper en paprika.
- Braai hoender in die pan vir 8-10 minute tot gaar. Haal die hoender uit die pan en hou eenkant.
- Voeg nog 30 ml olie in dieselfde pan en braai uie vir 3-4 minute tot goed gaar. Voeg die knoffel, sous en origanum by en geur met sout en peper na smaak.
- Bring die sous tot kookpunt en verminder die hitte en laat vir nog 10 minute prut.
- Verwyder pan van hitte en roer jogurt of karringmelk by. Voeg hoender by die sous. Strooi vars basiliekruid oor en bedien warm saam met kapokaartappels of rys.
Lees ook: Beet-, feta-en-okkerneut-slaai