kategorieë: KosWinterkos

Hoenderaftreksel met hoenderkluitjies

Genoeg vir 8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 1,6 kg heel hoender
• 1 heel knoffelknol, middeldeur gesny
• 15 ml (1 e) olyfolie
• 1 ui, gekap
• 2 wortels, gekap
• 2 selderystingels, gekap
• 1 prei, gekap
• bouguet garni van 2 takkies orego, 2 takkies tiemie, 2 takkies pietersielie en 2 lourierblare
• 5 ml (1 t) sout
• 5 ml (1 t) swartpeper

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kluitjies
• 2 eiers
• 200 g ricotta
• gerasperde skil van 1 suurlemoen
• ’n raspertjie neutmuskaat
• 30 ml (2 e) koekmeel
• hand vol pietersielie, gekap

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Verhit die oond tot 200 °C. Smeer die hoender met olyfolie en geur met sout en swartpeper. Rooster die hoender en knoffel vir 45 min. of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel.
2 Trek die vleis met 2 vurke van die hoender af. Hou die vleis en karkas eenkant.
3 Verhit ’n groot kastrol oor hoë hitte. Braai die ui tot goukleurig en geskroei, voeg die prei, wortels en seldery by en braai vir nog 8 min. of tot goudkleurig en geskroei.
4 Voeg die hoenderkarkas, bouquet garni en knoffel by. Vul die kastrol met 4 liter water. Geur met sout en swartpeper. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat vir 2 uur saggies prut.
5 Meng die eiers, ricotta, suurlemoenskil, neut, koekmeel, pietersielie en hoendervleis saam. Geur met swartpeper en sout. Rol in gholfbalgrootte balletjies en sit vir 1 uur in die yskas.
6 Voer ’n sif met ’n nat kaasdoek of skoon kombuisdoek uit, sit op ’n groot kastrol en gooi die hoenderaftreksel deur die sif.
7 Verhit 500 ml van die hoenderaftreksel tot dit saggies prut. Skep die hoenderkluitjies met ’n gaatjieslepel in die aftreksel en kook vir 5 min. aan elke kant of totdat die frikkadelle gaar is.
8 Sit die gaar kluitjies in die res van die sop – die sop sal helder word omdat die aftreksel troebel raak wanneer die kluitjies daarin gekook word. Voeg ’n groot hand vol gekapte pietersielie by net voor julle eet.

Klik ook hier vir ons hoenderaftreksel-resep

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

11 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

21 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.