Hoenderaftreksel
Serves: Genoeg vir sowat 2,5 liter
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 2 hoenderkarkasse, al die vleis afgetrek
- 30 ml olyfolie
- 2 uie, geskil en in kwarte gesny
- 3 selderystingels, ruweg gekap
- 3 wortels, ruweg gekap
- 3 preie, gewas en ruweg gekap
- 1 bouquet garni (’n paar takkies tiemie, pietersielie en lourierblare, in ’n bossie saamgebind)
- 45 ml sojasous
- ekstra sout, indien nodig
Instructions
1 Braai die groente tot goudkleurig in baie warm olie in ’n dikboomkastrol. Dit kan amper aan die punte begin skroei.
2 Sit die hoenderkarkasse in dieselfde kastrol en breek met die agterkant van ’n houtlepel in stukke.
3 Voeg 2,5 liter water en die bouquet garni by en laat die aftreksel vir 30 min. oor matige hitte prut.
4 Skep die skuim af wat na bo dryf.
5 Gooi die soja by en proe of daar nog ’n bietjie sout kort. Geur na smaak en haal af.
6 Laat effens afkoel en gooi deur ’n sif in ’n groot maatbeker.
Maak ook hierdie lekker hoenderaftreksel met hoenderkluitjies-resep
Rooi Rose
Lees Meer
Spaanse chorizo-pasta
11/04/2025
Romerige hoenderlasagne
09/04/2025
Pynappel-en-rooi-soetrissie hoendersosaties
14/03/2025