Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
1 x 150 g spek, in blokkies gesny
4 hoenderborsies, in blokkies gesny
500 g varkmaalvleis
2 knoffelhuisies
5 ml (1 t) fyn neutmuskaat
60 ml (¼ k) muskadel
2 eiers
klein hand vol salie en tiemieblare
sout en gemaalde swartpeper
15 ml (1 e) botter
2 klein rooi appels, in 1 cm-ringe gesny
80 ml (1⁄3 k) bruinsuiker
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Jy benodig 6 x 250 ml- (1 k) hittebestande glasbotteltjies. 2 Verhit ’n pan oor matige tot hoë hitte en braai die spek daarin tot bros. 3 Meng die spek en uitgebraaide vet, hoender, varkmaalvleis, knoffel, neutmuskaat, muskadel, eiers, salie en tiemie. Geur deeglik met sout en swartpeper. Skep in die houers. 4 Smelt die botter oor matige hitte, rol die appelringe in die suiker en braai tot gekaramelliseer. Sit ’n appelring bo-op elke houer. Bedek elk met foelie. 5 Sit die houers in ’n diep oond-pan en gooi genoeg kookwater in sodat die houers halflyf in die water staan. Bak vir 45 min. of tot ferm. Haal uit en sit in die yskas tot koud. 6 Sit voor met pekeluitjies, agurkies, plaasbrood en parmesaan of verouderde cheddarkaas.