1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Jy benodig 6 x 250 ml- (1 k) hittebestande glasbotteltjies.Hoender-spek-en-appel-terriens
Ingredients
Instructions
2 Verhit ’n pan oor matige tot hoë hitte en braai die spek daarin tot bros.
3 Meng die spek en uitgebraaide vet, hoender, varkmaalvleis, knoffel, neutmuskaat, muskadel, eiers, salie en tiemie. Geur deeglik met sout en swartpeper. Skep in die houers.
4 Smelt die botter oor matige hitte, rol die appelringe in die suiker en braai tot gekaramelliseer. Sit ’n appelring bo-op elke houer. Bedek elk met foelie.
5 Sit die houers in ’n diep oond-pan en gooi genoeg kookwater in sodat die houers halflyf in die water staan. Bak vir 45 min. of tot ferm. Haal uit en sit in die yskas tot koud.
6 Sit voor met pekeluitjies, agurkies, plaasbrood en parmesaan of verouderde cheddarkaas.