Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Lemoensous
10 ml (2 t) mielieblom (Maizena)
15 ml (1 e) water
20 ml (1 e + 1 t) sojasous
30 ml (2 e) heuning
fyn gerasperde skil en sap van 1 lemoen
Roerbraai
30 ml (2 e) olyfolie
500 g hoenderborsies, in blokkies gesny
½ pynappel, geskil en in blokkies gesny
1 klein groen soetrissie, in blokkies gesny
100 g (1 pakkie) gevlokte amandels, gerooster
500 ml (2 k) gaar jasmynrys
hand vol koljanderblare, gekap + ekstra vir bo-op
Instructions
1. Maak ’n pasta met die mielieblom en water. Meng die sojasous, heuning en lemoenskil en -sap by die mielieblompasta. Geur na smaak. Hou eenkant. 2. Verhit die olie oor hoë hitte in ’n wok of groot braaipan. Braai die hoender vir 5 min. daarin tot goudbruin en gaar. Geur na smaak. 3. Verlaag die temperatuur, giet die lemoensous oor en roer vir 3 min. tot goudbruin. Voeg die pynappel en soetrissie by en roer tot deurwarm. 4. Roer die koljanderblare deur, strooi die amandels oor en sit voor met jasmynrys en ekstra koljanderblare bo-oor gestrooi.