Genoeg vir een groot pastei
Gebruik ’n losboomtert- of pasteipan met ’n 23 cm-deursnee. Om tyd te spaar kan jy sommer ’n geroosterde hoender by jou supermark koop. Vervang die gedroogde porcini-sampioene deur ’n hand vol vars porcini of portobellini-sampioene. Ons het ter wille van die herfstema blaartjies uit die deeg gesny vir die bolaag, maar jy kan ook die deeg uitrol, die pan uitvoer en oor sit en dan die oorskietdeeg uitrol en net 1 of 2 blaartjies sny en die pastei daarmee versier.
Suurroomdeeg: 1 Vryf die botter in die meel in tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Voeg die suurroom en sout by en meng met ’n houtlepel tot die deeg bymekaarkom. Vulsel:Hoender en porcini herfspastei
Ingredients
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 ºC. Jy kan die deeg in ’n voedselverwerker maak deur net al die bestanddele bymekaar te voeg en dit vinnig in die masjien te pols tot dit in ’n bal bymekaarkom. As jy die deeg met die hand aanmaak:
2 Druk die deeg effens plat en verdeel dit in twee ewe groot stukke. Bedek met kleefplastiek en sit vir minstens ’n halfuur in die yskas.
3 Sit intussen die heel hoender op ’n bakplaat, sprinkel mildelik met olyfolie en vryf die sout en peper in die vel in. Sit die vars tiemie in die holte van die hoender en rooster vir sowat ’n uur in die oond tot goudbruin.
4 Laat die hoender afkoel en verwyder al die vleis van die bene. Hou eenkant. Laat die gedroogde sampioene in kookwater week tot uitgeswel en plomp. Soteer die uie, prei, knoffel en portobellini- sampioene in die olyfolie tot sag, voeg die porcini’s by en giet laastens die water waarin die porcini’s geweek het oor en kook effens af. Voeg die vleis by, meng goed.
5 Geur met sout, gemaalde swartpeper en neutmuskaat. Voeg laastens die salieblare en crème fraîche by.
6 Rol die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit en voer die tertpan daarmee uit. Skep die vulsel in die deeg. Rol die tweede stuk deeg uit en bedek die vulsel daarmee. Sny die oortollige deeg met ’n skerp messie af. Druk die kante van die boonste en onderste stukke pasteideeg met jou vinger teenmekaar, of gebruik ’n vurk.
7 As jy wil, kan jy al die oortollige stukke deeg bymekaarmaak, uitrol en blaarvormpies met ’n skerppunt-messie uitsny. Gebruik die glaseersel as gom en plak die deegblaartjies op die boonste deeglaag. Verf die pastei met die eierglaseersel en maak ’n gaatjie in die middel van die pastei sodat die stoom kan ontsnap. Bak vir sowat 30 min. tot goudbruin. Haal uit die tertpan en sit voor.