Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
4 klein pampoentjies
500 g botterskorsie
30 ml (2 e) olyfolie
250 g (15 klein) pekeluitjies
½ ui, gekap
1 seldery, fyn gesny
1 wortel, geskil en gekap
5 ml (1 t) knoffel
400 g gaar hoender, gevlok
125 ml (½ k) witwyn
125 ml (½ k) room
5 ml (1 t) fyn neutmuskaat
sout en gemaalde swartpeper
’n handvol pietersielie, gekap
1 x 200 g rol klaarbereide blaardeeg
glaseersel: 1 eier, liggies geklop met 15 ml (1 e) water
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C. 1. Sny die bokante van die pampoentjies af en hou eenkant vir doppies. Skraap die pitte uit en gooi weg. Hol die pampoentjies uit en hou die pampoenstukkies eenkant. Sit die botterskorsie en pampoenstukkies op ’n bakplaat en sprinkel olyfolie oor. Rooster tot sag. Sit die uitgeholde pampoentjies op ’n bakplaat, geur met sout en sprinkel olyfolie oor. Bak vir 10 min. tot halfgaar maar nie pap nie. 2.Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte en soteer die uie, seldery, wortel en knoffel tot bruin en sag. 3. Meng die hoender, wyn en room deur en geur met neutmuskaat, sout en peper. Prut vir 5-10 min. tot deurwarm en effens verdik. 4. Meng die pietersielie en gaar botterskorsie en pampoen deur. Skep in die pampoentjies. 5. Sny 4 x 13 cm-sirkels uit die blaardeeg en verf die rande met glaseersel. Sit ’n sirkel op elke pampoen, geglaseerde kant na onder. Druk die deeg styf vas. 6. Maak ’n kruisie in die middel van die deeg en verf met die glaseersel. Sny pampoenblare uit die deeg en sit op die pasteitjies. Verf die blare ook met die glaseersel. Bak vir 20 min. tot goudbruin.