Genoeg vir 4.
Metode
- Meng 15 ml (1 e) kerriepoeier en 125 ml (½ k) koekmeel in ’n groot mengbak. Geur met sout.
- Rol 500 g hoenderborsies, in repe gesny, in die meelmengsel en skud die oortollige meel af.
- Verbruin die hoender in ’n pan in 30 ml (2 e) verhitte avokado-olie. Haal uit en hou eenkant.
- Braai 1 fyn gekapte ui en 15 ml (1 e) fyn gekapte knoffel in dieselfde olie tot sag en deursigtig.
- Gooi ’n 400 g-blik heel, geskilde tamaties, ruweg gekap, ’n 400 g-blik gedreineerde kekerertjies, 15 ml (1 e) kerriepoeier en die gebraaide hoender by die uiemengsel.
- Prut vir 15 min. of tot die hoender gaar is. Geur na smaak.
- Sit voor met dubbeldikjogurt, ’n hand vol vars gekapte koljander en bruinrys.