1 Pilaf: Verhit die olie oor matige hitte en soteer die uie en knoffel daarin tot sag en deurskynend. Geur na smaak. English recipe 1 Pilaf: Heat the oil over medium heat and saute the onion and garlic until soft and translucent. Season to taste.Hoender-en-chorizo-pilaf
Ingredients
Instructions
2 Roer die rys by tot dit met die olie bedek is. Gooi die wyn by en prut vinnig tot amper al die wyn weggekook is.
3 Gooi die aftreksel en lourierblare by en bring tot kookpunt. Bedek en verlaag die hitte tot baie laag. Laat stoom vir 10 min. Roer deur, bedek en haal van die hitte af. Laat stoom vir nog 10 min. tot gaar en al die vloeistof geabsorbeer is. Geur na smaak.
4 Verhit die olie in ’n groot pan (’n paella-pan is die beste) en braai die chorizo vir 4 min. daarin tot goudbruin. Haal uit die pan en hou eenkant.
5 Smelt die botter in dieselfde pan en braai die hoender vir 8 min. tot goudbruin en gaar. Geur na smaak. Voeg die chorizo, paprika en rooipeper by.
6 Voeg die tamaties by en bring tot kookpunt. Voeg die garnale by en prut vir 5 min tot die garnale pienk en gaar is. Meng die rys en soetrissies by.
7 Strooi die pietersielie oor en sit voor met die lemmetjiewiggies.
2 Stir in the rice until it is coated with the oil. Pour the wine and simmer rapidly until almost all the wine has reduced.
3 Add the stock and bay leaves and bring to a boil. Cover and reduce the heat to very low. Let steam for 10 minutes. Stir, cover and remove from the heat. Let steam for 10 minutes until cooked and all the liquid has been absorbed. Season to taste.
4 Heat the oil in a large pan (a paella pan is best) and cook the chorizo slices for 4 min until golden brown. Remove from the pan and set aside.
5 Melt the butter in the same pan and fry the chicken for 8 minutes until golden brown and cooked through. Season to taste. Add the chorizo, paprika and red pepper.
6 Add the tomatoes and bring to a boil. Add the shrimp and simmer for 5 minutes until the shrimp is pink and cooked. Mix the rice and peppers.
7 Sprinkle with parsley and serve with lime.