kategorieë: Blogs

Hoekom. Waarom. Wat.

Soms moet mens liewer stilbly. Dié dat ek die afgelope twee weke nie geskryf het soos ek moet nie. Ek wou nie. Was ook nie lus vir praat nie. Wou nie my e-mails beantwoord nie. Ook nie op die selfoon kuier nie. Maar ek wou veral, veral nie skryf nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dis op Fancourt, die luukse gholflandgoed by die mooie George, tussen Suid-Afrika se beroemdes, belangrikes, bemindes, begeesterdes, befoeterdes en befomfaaides wat ek weet: hoekom, waarom, wat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Ruperts, Pienaars, Louws, Van der Merwes, Molefes, Smiths en heelparty wie se name ek tot my skande nie kan uitspreek nie (watwou skryf) trek saam. ’n Malende massa gholf-entoesiaste. Blink getooi in keuriggekose uitrustings. Gemaak-gemaklik. Kus-kus luglangs (soen is dít wraggies nie). Tiek hulle die sosiale etiket boksies een vir een.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tiek. Tiek. Tiek.

Maar eintlik is dit ook Johnny se skuld dat ek my stilswye verbreek. Rob s’n ook. Dat die lus (hmmm, dis nou die lus vir skryf) hier diep binne begin broei. Johnny? Ja man, Johnny. Johnny Clegg. Weet jy nie? ’n Twintigplusser traai sy luck. En Rob? Rob Louw. Die boere-Louw, nie die Amerikaanse Lowe nie. Die rowwe rugbyspeler met die goudgeel hare. Roxy se pa. Roxy se pa! Die twintigplusser blink.

Johnny. Hy’s die een wat stoele ritmies begin skud. Wat beroemdes, belangrikes, bemindes, begeesterdes, befoeterdes en befomfaaides toor tot betotteldes. Op sy Afrika-ritmes kry ou lywe in strakke, keuriggekose klere stry, word gemaak-gemaklik vals en vriendelik, smag koue kusse skelm na sopnat soene. (Ok, ok. Klein bietjie aangedik. Maar geil, geil was dit.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

En dan’s daar Rob. In sy oudste jeans, gister se hemp en ‘n stowwerige das onder uit sy eie kas. Om hom baie geld en goed. Hy? Kankervry, dans hy. Op pad sestig toe, oor minder as ’n maand. Ritmies. Raserig. Rampokker Rob. Sing hy:

And we are scatterlings of Africa
Both you and I
We are on the road to Phelamanga
Beneath a copper sky
And we are scatterlings of Africa
On a journey to the stars
Far below we leave forever
Dreams of what we were
Hawu beke Mama-ye! Mama-ye!

Hoekom. Waarom. Wat. Soms, net soms moet jy stilbly. Sonder praat of skryf. Moet jy kyk. Ruperts, Pienaars, Louws, Van der Merwes, Molefes, Smiths en kie. Johnny. Rob.

Tiek. Tiek. Tiek.

Net kyk. Om weer te kan praat. En skryf.

Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

20 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

50 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.