kategorieë: Leef gesondGesondheid

Hoekom raak my slaappatroon deurmekaar oor die vakansie? Ons het gaan uitvind

Hoekom raak my slaappatroon deurmekaar oor die vakansie? Ons het gaan uitvind deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vraag: Wanneer ons by die see vakansie hou, raak my slaappatrone deurmekaar. Waarom?

Lees ook: Hou bekommernis oor werk jou wakker? Hier is 10 wenke vir ’n beter nagrus

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Antwoord: Die ure in die son kan die rede wees dat jou slaappatroon in die vakansie ontaard.

Lees ook: 6 slaapprobleme, 6 oplossings

1 Jy raak in die blakende son aan die slaap

  • Wat gebeur ná ’n rukkie in die son gaap jy, en kort voor lank dommel jy weg in die volson … en verbrand gevaarlik erg.
  • Help jouself Geniet die oggendson en los die middagson.
  • Op ’n meer wetenskaplike noot: van die teorieë oor hoekom ons slaappatroon gedurende vakansies deurmekaar raak, is gegrond op die feit dat ons tipies baie meer in die son kom wanneer ons vakansie hou. Sonlig onderdruk melatonien, die hormoon wat ons laat slaap. Terwyl jy in die son is, daal jou melatonien. Sodra jy uit die son is, styg dit en word jy dus vaak. Jou oggend by die see maak jou regtig vaak sodat jy met rede smiddae heerlik kan omslaap. Eintlik is dit ’n goeie plan om hier met Moeder Natuur saam te werk, want jou middagslapie hou jou ook uit die harde middagson.

Lees ook: Slaap en menopouse

pixabay

2 Jy verander in ’n naguil

  • Wat gebeur Of jy raak saans al later aan die slaap en kan nie soggens opkom nie.
  • Help jouself Wag die skemerte buite in.
  • Dit is ewe moontlik dat jou melatonienvlak vanweë al die ekstra tyd in die son langer as gewoonlik hoog bly. Daarom word jy ’n naguil. Jou liggaam het sensors wat op die afwesigheid van sonlig reageer.

Lees ook: Help! Ek kan nie slaap nie!

pixabay

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

2 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

3 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

3 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

3 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

4 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.