Hoekom jy sonskyn en vitamien D nodig het deur Salomé Delport
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Dokters onderskei deesdae baie duidelik tussen ’n gebrek en ’n tekort. Met ’n gebrek word bedoel ’n afwesigheid of vlakke van vitamien D wat so laag is dat dit tot beenmisvorming lei.
Gelukkig kom die meeste van ons genoeg in die son en daarom is ’n werklike gebrek hier taamlik skaars.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Maar ’n tekort is ’n perd van ’n ander kleur. Met ’n tekort word bedoel dat jou vlakke effens onder die minimum grens val. Jy het dus te min vitamien D maar darem ook nie niks nie. Die situasie geld omtrent die helfte van ons – selfs al kom jy gereeld buite.
Navorsing wat wêreldwyd gedoen is, wys sowat 50% mense het ’n tekort, al is hulle normaal gesond.
Maar as ons “normaal gesond” is hoekom ons dan daaraan steur? Is die term “epidemie” nie darem net te sterk nie?
Waarskynlik. Toonaangewende organisasies soos die Wêreldgesondheidsorganisasie reik geen verklarings oor ’n algemene tekort aan vitamien D uit nie, en sê in effek hulle het voorbehoude hieroor.
Aan die ander kant is daar ’n vloed van navorsing wat wys hoeveel meer vitamien D doen as om jou te help been bou.
Minstens 37 van jou verskillende soorte weefsels het vitamien D nodig om werklik goed te funksioneer, en ons weet nou dat vitamien D ’n sleutelrol in sewe van ons biologiese stelsels speel. Van jou brein, hart, longe tot jou pankreas en immuunstelsel het genoeg van die sonskynvitamien nodig om regtig goed te werk.
Die verstandigste benadering is waarskynlik om in te sien dat die son en/of vitamien D nie alle kwale soos mis sal laat verdwyn nie. Dit is eerder nog ’n stukkie in die legkaart van jou gesondheid.
Nog ’n interessante punt: meta-ondersoeke – waar ’n aantal ondersoeke se bevindings saam gelees word – wys dat aanvullings waarskynlik ’n verskil maak as jy ’n tekort het. Dit is ook nie altyd duidelik of aanvullings voorkomend of terapeuties is nie. Dalk moet jy maar tog moeite doen om meer in die son te kom.
Die vitamienaanvullings laat dit klink asof dié of daardie vorm van vitamien D die heel beste is. Maar dit lyk asof al die vorms deur die liggaam gebruik kan word.
Om by die begin te begin: Vitamien D is glad nie ’n vitamien nie. Die term “vitamien” verwys na voedingstowwe wat in jou kos moet wees omdat jou liggaam dit nie kan maak nie. In werklikheid maak jou liggaam sowat 90% van sy vitamien D in die vel. Daarom word vitamien D nou as ’n hormoon geklassifiseer.
Jou liggaam maak dit in die vorm van voorlopers daarvan. Sodra sonlig jou vel tref, word dit omskep in cholekalsiferol (cholecalciferol, of D3).
Dit word dan deur jou bloedstroom na jou lewer geneem waar dit in kalsidiol omskep word, terwyl jou niere dit omskep in kalsitriol, die aktiewe vorm wat jou liggaam gebruik.
Solank jou lewer en niere goed werk, sal dit met gemak watter vorm van vitamien D jy ook al drink, kan gebruik.
Terloops, die vorm van vitamien D in kos word vitamien D2, of kalsiferol, genoem.
Die UVB-komponent van sonlig aktiveer vitamien D. Die UVB-vlak is gewoonlik die hoogste van tienuur tot drieuur.
Twintig minute in die son drie keer per week oor middagete of teetyd is voldoende om in jou daaglikse behoefte van 1 000 – 2 000 IU vitamien D te voorsien.
Maar ons word ook voortdurend herinner om juis dán uit die son te bly om velkanker te vermy. Tien minute is gelukkig min genoeg sodat jy nie jou risiko verhoog nie.
Die vel van jou arms en bene is sowaar beter in staat daartoe om vitamien D te maak as jou gesigvel – amper asof Moeder Natuur beplan het dat jou gesig uit die son moet bly. Sonlig is in elk geval nie so goed vir jou oë nie, aangesien dit met katarakte verbind word.
Sit jou hoed en jou sonskerm op en sit langbeen in die son.
Vitamien D word in jou vetjies gestoor – en daarom moet jy nie te veel inneem as jy aanvullings gebruik nie. Jy kan gelukkig nie te veel vitamien D van sonskyn kry nie. Sodra jou liggaam genoeg het, staak hy die maak van nog vitamien D in jou vel.
’n Groep wat onverwags maar baie logies te min vitamien D het, is babas. Hulle word met lae vitamien D-vlakke gebore – hulle kan mos nie voor geboorte in die son kom nie. Daarom maak jou baba staat op jou borsmelk en tydjies in die son vir vitamien D.
Die American Academy of Pediatrics beveel aan dat ma’s wat borsvoed, seker moet maak hul vitamien D-status is goed.
’n Bietjie son op die vel en/of aanvullings kan help. Jy kan jou baba ook kaalbeen in die son laat lê. Maar wees baie versigtig vir sonbrand, veral op die gesig. Tien minute per dag ’n paar keer per week is oorgenoeg.
As jy in die Wes-Kaap of langs ons Suidkus woon, weet jy dit stuifreën deur die winter tipies een of twee keer vir twee tot drie weke lank sag en aanhoudend, met min sonskyn. As jy elke winter vir ses tot nege weke te min son kry, val jou D-status beslis.
Daarteenoor sak die somerreën in die binneland tipies laatmiddag as donderbuie uit. Dit is dus steeds maklik om deur die dag in die son te kom om jou daaglikse dosis te “oes”.
Dr. Anna Coussens van die Universiteit van Kaapstad sê in haar oorsigartikel in die International Journal of Environmental Research and Public Health dat Kapenaars se ure somerson van ’n gemiddeld van elf uur per dag tot ’n gemiddeld van net vyf uur in die winter daal, vanweë veral reën en mistigheid. Dit halveer dus.
As jy in ons sonnige binneland woon, verminder jou somerson van ’n gemiddeld van tien uur per dag na ’n steeds stewige agt uur per dag in die winter.
Daarby is die dae aan die kus dikwels triestig en koud. Daarom bly ons binnenshuis al skyn die son – nog ’n rede vir ’n seisoenale tekort aan vitamien D.
Lees ook: Dr Judey se vyf topwenke om jou vel dié somer te beskerm
Sy is nie net die eerste dowe vrou om as Mej. Suid-Afrika gekroon te word…
Het jy geweet dat meer vroue jaarliks aan hartvatsiektes en beroertes sterf as mans? Gelukkig kan…
Resep: 'Dairy Gives You Go' Bestanddele 1 ½ koppie gladde medium-vet maaskaas – kamer…
Daar is baie maniere en wenke om vetplante te laat gedy. Hier is nege wenke…
As Karlien van Jaarsveld die horlosie kon terugdraai, sou sy dieselfde keuses gemaak het, want…
Resep: 'Dairy Gives You Go' Bestanddele 2 koppies koekmeel ¾ koppie Amasi ¼…
Hierdie webwerf gebruik koekies.