Dit is wat kan gebeur:
1 Jy kan oor-oksideer
• Yster van die aktiefste oksideerders (die teenoorgestelde van ’n anti-oksidant) wat allerlei reaksies – goed en skadelik – kan inisieer.
• Jou liggaam bind yster in byvoorbeeld ferritien en hemoglobien om te keer dat daar vrye yster is. Maar gestel jy meng in met ’n ysteraanvulling?
• As jy oorvoorsien, kan jy jou liggaam se vermoë oorskry om yster te weg te sit.
• Dit is hierdie ekstra vrye yster wat jou skade kan aanrig.
2 Jy kan diabetes ontwikkel
• Daar is ’n verband tussen te veel yster en diabetes en/of metaboliese sindroom, sê die Linus Pauling Instituut van die Oregon Staatsuniversiteit.
• Daarby kan te veel yster jou lewer beskadig.
3 Dit kan lei tot vroeë breinveroudering
• Nog ’n potensiële risiko van ’n ysteroormaat is dat dit aan breinaftakelende siektes soos Alzheimer- en Parkinsonsiekte gekoppel word.
• Aan die ander kant kan ’n tekort aan demensie gekoppel word. So wys Franse navorsing waarin 3 932 middeljariges 13 jaar lank gevolg is dat postmenopousale vroue met lae ystervlakke meer geneig is om demensie te ontwikkel.
Hoeveel yster het jy nodig?
Jy moet net yster aanvul as jou liggaam te min daarvan het – en jy sal net weet as jy getoets is daarvoor, hetsy met ’n vingerprik of met ’n hemoglobientoets.
Lees ook
• Is jy moeg weens jou lae yster of jou lae vit B?
• Tekens van lae ystervlakke
• Jy hoef nie net vleis te eet vir vitamien B12 nie!
• Tekens van lae vitamien B12-vlakke
• Tekens van lae ystervlakke
• Watter kosse is ryk bronne van yster?