Deur: Marian Volkwyn
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Op Sondag, 10 September 2023, het Suid-Afrikaners, ten spyte van kragonderbrekings, gretig bymekaargekom om die Springbokke se eerste toetswedstryd in die Wêreldbeker-rugbytoernooi wat in Marseille, Frankryk gehou is, te kyk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Alhoewel die Springbokke ‘n indrukwekkende oorwinning van 18-3 oor Skotland behaal het en hul posisie as verdedigende kampioene gevestig het, was daar ‘n wydverspreide nuuskierigheid oor die span se onkonvensionele turkoois uitrustings…
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Hier is die storie.
Volgens die Springbokke was die weguitrusting aqua, en nie turkoois of kruisementgroen nie, al het baie weens die kleurassosiasie bespiegel dat die span deur Checkers of Listerine geborg is.
In teenstelling met die algemene opvatting, was hierdie alternatiewe uitrustings deur die Bokke se nuwe uitrusting-borg, Nike verskaf.
In ‘n poging om die sport meer inklusief te maak en aan die behoeftes van toeskouers met verskillende vermoëns te voldoen, het Wêreldrugby riglyne vrygestel wat voorsiening maak vir kleurvisiegebrek (CVD). ‘n Geskatte 300 miljoen mense leef met een of ander vorm van CVD. Hierdie riglyne word vanaf 2025 beleid vir Wêreldrugby-toernooie.
Wêreldrugby het saam met die deelnemende unies en Colour Blind Awareness (CBA) vir die Rugby Wêreldbeker 2023 gewerk om sekere uitrustingskombinasies aan te moedig in ‘n poging om die ‘botsings’ van uitrustings te vermy, m.a.w. waar die uitrustingskleure te eenders vir kleurblindes lyk.
Alle primêre, alternatiewe en wedstrydbeampte-uitrustings is vroeg vanjaar beproef en getoets, wat die maksimum kontras tussen opponerende spanne en wedstrydbeamptes verseker het.
Maak gereed om alternatiewe uitrustings op die veld vir die res van die Wêreldbeker-rugbytoernooi te sien, Portugal is die volgende span wat op 16 September alternatiewe uitrustings teen Wallis sal dra om die saak te ondersteun.
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Vanes-Marié du Toit oor die nuwe rugbyreis-reeks, In Frans, ja!
Hierdie bruintjie-kolwyntjie-resep is baie maklik en regtig smullekker! Deur Vickie de Beer
Sandi Schultz verras weer in Diepe Waters (kykNET, DStv kanaal 144), maar dié keer as…
Rob Hersov is vir sommige ’n held, en vir ander ’n omstrede figuur as gevolg…
Deur Maretha Botes. Foto’s: Hanneri de Wet Wanneer Schané Fouché (32) haar hare…
Deur Maretta Bellingan Foto's, hare en grimering: Willem Botha & Willem Botha Beauty …
Hierdie webwerf gebruik koekies.