Die vingerpriktoets
Wat is dit?
“Ons sê in omgangstaal dat die toetsie jou bloedyster meet maar eintlik meet dit nie jou bloedystervlakke nie maar jou hemoglobienvlakke. Maar yster word in die hemoglobien gedra en dit bly dus ’n baie proaktiewe, goedkoop en vinnige siftingstoets wat in die spreekkamer of waar ook al gedoen word om jou boeldyster te skat.
Wat word gedoen?
Jou vinger word geprik om ’n druppel bloed op te vang.
Die moderne toetsapparaat lees jou hemoglobienvlak elektronies maar voorheen is die rooiheid van jou bloed visueel teen ’n kaart gelees. Hoe rooier die kleur hoe meer hemoglobien.
Wat jou lesing beteken
Dit gaan oor ’n indikasie eerder as syfers. Al terugvoer wat jy sal kry, is dat alles ‘reg’ is of ‘verder getoets’ moet word.
Wat nou?
Omdat die vingerpriktoets jou ystervlak skat, word ’n baie hoë of abnormaal lae telling opgevolg met ’n laboratoriumtoets.
Soveel faktore kan bepaal waarom jou hemoglobien laag is: van ’n stertekort tot ’n vitamien B-tekort, wat bepaal hoe die dokter jou verder gaan behandel.