Hoekom dadels goed vir jou is deur Salomé Delport
Dadels is briljant
Kyk hoe goed vergelyk dadels met sjokolade en pruimedante. Al drie het ’n lakserende effek.
Dadels staan nie terug vir pruimedante nie – en dit is baie goedkoper.
Ons vergelyk 100 g van elkeen – sowat 20 dadels, 20 pruimedante en ’n 100 g-blok sjokolade:
Sjokolade, 100 g blok:
1 760 kJ’s; 0,5 g vesel; 48 g koolhidrate
Dadels, 100 g:
1 179 kJ’s; 8 g vesel; 75 g koolhidrate
Pruimedante, 100 g:
1 003 kJ’s; 7 g vesel; 64 g koolhidrate