Deur Catherine Schenck. Hooffoto Pexels
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }In 2017 was die vraag, “Wat is Bitcoin?” tweede op die lys van Suid-Afrika se “most googled”-vrae – asook tweede wêreldwyd. As jy een van dié googlers was, neem ons jou nie kwalik nie. Bitcoin is inderdaad ’n interessante verskynsel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Kortliks is Bitcoin ’n gedesentraliseerde digitale of kripto-geldeenheid. Dit beteken dat hierdie geld slegs digitaal (byvoorbeeld op rekenaars, jou selfoon of die internet) bestaan en dat dit nie verbonde is aan enige politiese sisteme of sentrale bankstelsels nie. Dit is oorspronklik geskep as ’n moontlike alternatief vir die gesentraliseerde geldeenhede wat ons tans gebruik en as reaksie op die finansiële borrel en sy uiteindelike resessie van die laat 2000s.
#definisie Kripto-geldeenheid: ’n Kripto-geldeenheid (of cryptocurrency in Engels) staan bekend as digitale geldeenhede (of digital currency). Dit is ’n geldeenheid wat gereguleer word deur enkripsietegniekie (of kriptografie) om die veiligheid van betalings te verseker en om die skepping van eenhede te beheer. Sulke geldeenhede bestaan gewoonlik onafhanklik van gesentraliseerde bankstelsels.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }#definisie Kriptografie: Kriptografie verwys na die kuns om kodes te skep en/of op te los en word reeds deur die eeue gebruik. In die digitale era meen dit egter dat ons wiskundige bewyse gebruik om te verseker dat inligting op ’n veilige manier digitaal oorgedra word sodat net spesifieke belanghebbendes toegang daartoe het. Dit beteken ook dat hierdie oordragproses veilig is en nie gereplikeer kan word nie.
Niemand weet presies wie Bitcoin geskep het nie, maar in 2008 het ’n artikel verskyn oor blockchains en die Bitcoin-eenheid deur ’n outeur met die (skuil)naam Satoshi Nakamato. Hierdie persoon – of heel moontlik groep persone – is onbekend en daar is baie spekulasie oor wie dit is, maar hy/hulle word gereken as die skepper(s) van Bitcoin. Omdat transaksies openlik bekend is, weet ons dat Nakamoto sedert 2009 nog nie hul Bitcoin geskuif het nie, en dus multimijardêrs is. Oorspronklik was Bitcoin baie min werd – ’n paar sent vir een Bitcoin – maar deesdae is een Bitcoin ’n paar duisend rand werd. Die pryse styg en daal daagliks en jy kan aanlyn soek en kyk wat die wisselkoers daarvoor is op enige gegewe dag (of selfs uur).
Bitcoin gebruik interessante tegnologie om die geldeenheid te laat funksioneer, genaamd blockchains. Blockchains dien as ’n globale register waarin alle data-transaksies opgeteken word en wat enkripsietegnieke gebruik om dit te verifieër. Dit beteken dat enige data (Bitcoin) wat oorgedra word, hierop aangeteken sal word. Dit sluit in die spesifieke digitale adres van die stuurder en van die ontvanger, asook die hoeveelheid Bitcoin wat gestuur word. Dit beteken dat elke Bitcoin-transaksie op hierdie register aangeteken word en ons kan sodoende boekhou van alle oordragte. Dit verseker ook dat alle transaksies veilig is en net een keer mag gebeur – dit kan nie gekopieër word nie.
Daar is nie een spesifieke persoon of groep wat in beheer is van die blockchain nie, maar eerder ’n groep eweknieë wat verantwoordelikheid daarvoor neem – vandaar die konsep dat dit gedesentraliseer is. Daarom kan enige persoon of groep persone op ’n vrywillige basis hierdie transaksies monitor – bekend as Bitcoin mining. Myners word beloon vir hul werk deur ’n paar Bitcoin te ontvang vir elke transaksie wat hulle valideer.
Die interessante ding van Bitcoin is dat ’n beperkte hoeveelheid daarvan “gemyn” kan word – amper soos met regte kommoditeite soos goud. Daar word voorspel dat die laaste Bitcoin in ongeveer 2040 gemyn sal word. Dit beteken ook dat hierdie beperkte geldeenheid se waarde waarskynlik sal toeneem, aangesien daar net ’n klein hoeveelheid geld in sirkulasie sal wees.
Bitcoin kan nie vasgehou word nie omdat dit ’n digitale geldeenheid is – dit bestaan basies uit rytjies kode op jou rekenaar. Dit kan wel op verskeie maniere gestoor word: die “stoorplek” word ’n wallet genoem, wat ’n soortgelyke funksie as ’n bankrekening het. Die opsies bestaan uit internet-wallets, wallets op toepassings op jou rekenaar of slimfoon, of jy kan ’n wallet uitdruk en papierkodes hou. Elkeen hou sy sekuriteitsrisiko’s in, en elkeen het ook sy voordele. ’n Wallet bevat twee sleutels: ’n private sleutel en ’n publieke sleutel. Die private sleutel is slegs bekend aan jou, die wallet-houer. Hiermee kry jy toegang tot jou wallet en jou Bitcoin. Aan die ander kant is die publieke sleutel openlik bekend – dit is jou unieke adres of naam wat dan gebruik word in transaksies om jou uit te ken. Hierdie is dus ’n relatiewe veilige sisteem en beskerm die gebruikers met ’n vlak van anonimiteit wat nie altyd beskikbaar is met ander transaksies nie.
Dit het egter ook ’n negatiewe kant. Groot dwelmsindikate en ander kriminele groepe het byvoorbeeld al Bitcoin gebruik juis oor die anonimiteit daarvan. Aan die ander kant reken die meeste mense dat dit soos enige ander situasie is: mense kan dit vir positiewe of negatiewe aksies gebruik en mens kan dus nie voor die voet besluit dat Bitcoin sleg is net omdat ’n groep kriminele dit al gebruik het nie.
Om ’n wallet te kry is die eerste stap in die rigting om jou eie Bitcoin te besit. Sodra jy ’n wallet of rekening geskep het, kan jy of Bitcoin aankoop, handel dryf daarvoor, of jy kan dit myn. Om dit aan te koop werk byna soos om enige ander geldeenheid te koop – daar is spesifieke handelaars waar jy jou rande en sente kan verruil vir Bitcoin. Afhangende van waar jy woon sal daar spesifieke reëls om die wissel, besit en gebruik van geldeenhede en Bitcoin wees. In Suid-Afrika mag jy Bitcoin besit, maar daar is sprake dat SARS dit oorweeg om belasting te trek op Bitcoin-inkomstes (sover word belasting nog nie daarop getrek nie). Om geld vir Bitcoin te ruil is wel nie die enigste manier hoe jy Bitcoin kan kry en gebruik nie. Indien jy ’n produk of diens verkoop, kan jy verkies om in Bitcoin betaal te word – veral as jy ’n aanlynwinkel het. Groot en klein besighede gebruik deesdae Bitcoin. Verder kan jy Bitcoin myn. Hiervoor sal jy ’n baie sterk rekenaar nodig hê, goedkoop elektrisiteit (of die bereidwilligheid om ’n groot rekening te betaal), en ’n belangstelling in probleemoplossings. Dit word deesdae behartig deur besighede of baie toegewyde individue.
Bitcoin is nie die enigste kripto-geldeenheid wat bestaan nie. Dit is net die eerste een. Sedert Bitcoin se skepping is verskeie ander kripto-geldeenhede geskep. Dit sluit in verskeie altcoins soos Ethereum, Litecoin, en selfs Dogecoin (grappenderwys geskep en gebaseer op die meme van ’n Shiba Inu-hondjie). Daar is natuurlik ook baie altcoins wat reeds gefaal het.
Enige digitale geldeenhede wat nie Bitcoin is nie, word altcoins (kort vir alternative coins) genoem. Hierdie geldeenhede werk in beginsel soos Bitcoin, maar daar is soms kleiner verskille in terme van hul funksie, veiligheid, kodering, en so meer. Verskeie kripto-geldeenhede kan geskep en gebruik word aangesien die tegnologie en kode ’n openlike bron is.
Lees ook ons artikel oor memes
Blockchain-tegnologie is innoverend en dit kan positiewe en interessante gebruike hê. Groot maatskappye soos IBM gebruik selfs al blockchain-tegnologie. Party mense wonder egter of ’n geldeenheid ’n goeie gebruik daarvoor is. Dan is daar ook persone wat hul aankope en gebruik van Bitcoin (en ander altcoins) sien as ’n manier om hierdie tegnologie te ondersteun. Maar daar is baie kritici vir hierdie siening, aangesien oop-bron beteken dat dit alreeds beskikbaar is vir enigeen om te ontwikkel en dat dit sonder amptelike finansiële ondersteuning wel kan ontwikkel.
Baie mense gebruik dit as ’n handelseenheid aangesien die uiteindelike mikpunt is dat dit universeel aanvaar sal kan word. Party mense sien dit as ’n veilige alternatief vir geldeenhede wat aan politieke toestande gekoppel is. Ander sien dit weer as ’n belegging, amper soos goud of aandele, alhoewel daar heelwat skeptici hieroor is aangesien die waarde heeltyd wissel en dit eintlik nog net spekulatief is. Dit maak ook Bitcoin as handelseenheid vreemd want die waarde daarvan is nooit dieselfde nie en boonop kan die oordragkoste redelik hoog wees.
Party mense sien dit as ’n vinnige geldmaakproses – jy koop Bitcoin en jy hoop dit vermeerder sodat jy binne ’n kort tydjie ’n groot bedrag kan kry. Die ander kant van hierdie muntstuk is dat jy ook in ’n oogwink baie geld kan verloor – soos wat verlede November gebeur het toe Bitcoin se waarde skielik en skerp gedaal het. Daar is verder mense wat glo dat Bitcoin in ’n borrel is en dat die borrel sal bars en jou Bitcoin nutteloos verklaar sal word. Maar hierdie bly onbekend vir nou en ons sal net met die tyd saam kan sien wat presies gebeur.
Of dit die moeite werd is om Bitcoin aan te koop en te besit, weet niemand nie. Een ding is egter seker – of dit nou Bitcoin of ’n ander altcoin is, die kanse is groot dat kripto-geldeenhede en blockchain-tegnologie hier is om te bly.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.