kategorieë: OuerskapJou lewe

Hoe weet jy jou kind is met ekstremiste deurmekaar?

Jasmine Opperman, direkteur van die Terrorist Research and Analysis Consortium (TRAC) en ISIS-kenner, sê ouers moet op die uitkyk wees vir die volgende tekens as hulle vermoed hul kind is dalk in aanlyn-kontak met ekstremistiese groepe. (Hierdie tekens geld nie net vir ISIS-indoktrinasie nie, maar ook vir ander sektes, kultusse en ekstremistiese groepe.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • Hul taal verander, en hulle is baie krities oor hul ouers, die samelewing, die kerk en kerkleiers. “Almal wat nie soos hulle glo nie, word beskou as ongelowiges.”
  • Hul gedragspatrone verander. “Kleredrag is skielik meer konserwatief, hulle isoleer hulself van vriende en familie en spandeer lang tye alleen met die Koran (of Bybel, in die geval van ander kultusse). Dis amper asof hulle ’n oordrewe wedergeboorte beleef.”
  • ISIS-bekeerlinge begin geld spaar vir ’n vliegtuigkaartjie Sirië toe, en wil ook skielik weet of hy/sy ’n paspoort het.
  • Jou kind is skielik baie meer buierig, emosioneel en selfs aggressief. “Dit is omdat hulle gefrustreerd is met die werklikheid wat hulle nou beleef en die paradys wat deur die propaganda vir hulle belowe is,” verduidelik Jasmine.

As jy dink jou kind is met ’n ekstremistiese groep deurmekaar, moenie dit self hanteer nie, waarsku sy. “Raadpleeg ’n kenner van die onderwerp wat die groep se werkswyse ken en verstaan. So iemand moet as’t ware die groep se taal kan praat om jou kind werklik te kan help. Moenie vir hulle preek of ’n predikant betrek nie, en moet hulle nie sosiale media verbied nie. Dit maak hulle net meer rebels, en hulle sal ’n ander slinkser manier kry om kontak te maak. Monitor eerder hulle sosiale media-kontak sonder dat hulle weet jy doen deur byvoorbeeld te kyk wie hul aanlynvriende is.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kontak Jasmine by jasmine.opperman@yahoo.com as jy vermoed jou kind is in kontak met ISIS.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

*Lees ook ons onderhoud met Jasmine in die Desember 2016-uitgawe van rooi rose.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.