Bestanddele
- ¼ rooi beet, geskil
- 100 g bevrore frambose
- 100 g vars aarbeie, gesny
- 100 g bevrore rooi bosbessies
- 100 ml minerale water
- handjie vol ys en vars kruisement vir bo-op
Metode
- Versap die beet in ’n versapper.
- Verwerk die beetsap, frambose, aarbeie, rooi bosbessies, minerale water en ys in ’n voedselverwerker tot glad.
- Tooi met mentblaartjies.
