“Dit is belangrik om in staat te wees om jou standpunt te stel en om te weet wanneer en hoe om dit te doen.” Helene Vermaak, direkteur by The Human Edge, kenners van kultuurverandering, gee ’n paar wenke hoe om verskille met senior kollegas te hanteer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Dit is normaal om senuweeagtig te wees en om die ergste te verwag, maar in die meeste gevalle is dit onwaarskynlik dat jy afbetaal gaan word of ’n lewenslange vyand sal maak. Kyk eerder na die gevolge van as jy nie praat nie en weeg dit op teenoor die moontlike gevolge van die meningsverskil.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Soms is dit beter om jou gedagtes agtermekaar te kry. ’n Openbare forum of vergadering is nie altyd die ideale plek nie aangesien die senior persoon bedreig sal voel. ’n Privaatgesprek sal beter wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Jy het ’n beter kans om gehoor te word as jy die verskilpunt gelyk kan stel aan die verwagte uitkoms wat die senior persoon wil bereik. Dit is belangrik om nie te aanvaar dat hierdie verband dadelik duidelik sal wees nie. Jy sal jou stelling in konteks moet plaas.
Deur die persoon die geleentheid te gee om in te stem tot die gesprek, sal jy meer selfvertroue hê om jou meningsverskil aan te roer. Dit laat die senior persoon ook voel hy/sy is in beheer.
Dit is belangrik om kalm en in beheer te bly. Mens is geneig om harder en vinniger te praat wanneer jy senuweeagtig is. As jy met ’n gelyke stemtoon praat, sal jy jouself én die ander persoon kalmeer.
Deur die standpunt van die ander persoon te herhaal, vorm jy ’n sterk fondament vir die bespreking.
Wanneer jy jou mening lug, vermy enige byvoeglike naamwoorde of woorde wat veroordelend klink of verkeerd verstaan kan word of persoonlik mag klink. Hou by die feite en bly neutraal en gefokus.
Beklemtoon dat dit jou mening is en nooi die ander persoon om sy of haar standpunt te gee. Wees kalm en moenie te veel selfvertroue uitstraal nie.
Beken dat die senior persoon uiteindelik die finale besluit sal neem, maar moenie jou eie mening minder belangrik laat klink nie. Respek is die sleutel tot die sukses van die gesprek.
Lees ook: Maak jou werk jou siek?
Skiet springmielies so: Verhit sowat 30-45 ml olyfolie oor hoë hitte in middelslagkastrol met…
Genoeg vir 4 Bestanddele 4 hoenderborsies in blokkies gesny (gebruik 1 borsie…
In hierdie episode is daar frustrasie, irritasie, hartseer en selfverwyt – alles bestanddele vir ’n…
Plantgebaseerde kosse is nou groot nuus. Dis goed vir jou om meer veselryke groente te…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Kyra Welch. Maryna Calow is sedert 2016 Wines of…
’n Welvaartkenner Jurgen Eckmann van Consult by Momentum sê wat verbruikers moet weet ná gister…
Hierdie webwerf gebruik koekies.