Dit het jy nodig
• ’n Handspieëltjie soos die Tweezerman handheld 10x Magnification mirror
• ’n Haartangetjie soos Tweezerman se mini slant Tweezer
• Eylure Medium Individual Lashes, die wimpergom is ingesluit. Daar is 3 verskillende lengtes: kort, medium en lank, ek hou die meeste van die medium.
Ek het reeds op die regteroog wimpers aangewend, kyk hoe groter laat dit my oë lyk.
Stap 1
(Wenk: Gooi die gom op ’n klein stukkie foelie, dit verseker dat dit nie te vinnig droog word tussen aanwending nie). Moenie bang wees vir die gom nie, die Eyelure-stel sluit ’n buisie “lift off” in waarmee jy pynloos die wimpers kan verwyder.
Stap 2
Gebruik nou jou handspieëltjie (in jou een hand) en kyk in die spieël na wat jy doen. Maak jou ander oog toe en druk saggies die enkel wimper met wimpergom bo-op jou wimperlyn, maak seker jy plak dit bo-op jou wimpers en nie op jou vel nie.
Stap 3
Herhaal en vul totdat jou wimperlyn vol geplak is. Jy kan self besluit hoeveel wimpers jy wil aanwend, gebruik minder vir ’n natuurlike voorkoms en meer vir ’n voller voorkoms. Wag ’n rukkie totdat die gom heeltemal droog is.
Die resultaat, voller welige wimpers in ’n japtrap.