kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Hoe om te verseker dat jou finansies nie ’n vliegramp word nie

Hoe om te verseker dat jou finansies nie ’n vliegramp word nie deur Anet Schoeman. Hooffoto: iStock/southerlycourse

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vir baie is finansies ’n kop-in-die-sand affêre. Jy hoop as jy nie daaroor dink nie sal dit wel oukei wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Helaas is dit ’n wrede werklikheid wat net vererger as jy dit ignoreer. Die goeie nuus is dat jy jou finansies slim kan beheer as jy die regte stappe volg en die regte mense aan boord kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jou finansies is soos ’n vliegtuig-vlug

Madri Jacobs, senior finansiële beplanner by Sanlam, vergelyk jou finansiële beplanning met ’n vlug in ’n vliegtuig. Goeie beplanning maak vir ’n rustige vlug waar jy veilig voel en weet wat om te verwag.

Swak beplanning is soos ’n vliegtuigongeluk. Daar is altyd vele klein probleempies wat opbou en wat tydens ’n onverwagte situasie (soos ’n storm) ’n groot effek het en die vliegtuig laat val.

En ’n finansiële beplanner is soos ’n lugverkeerbeheerder in die beheertoring; jy het sy/haar hulp nodig om jou vliegtuig veilig deur die warboel van ander vlugte te laat opstyg en land. En ook op koers te hou as daar storms en onvoorsiene dinge op pad gebeur.

Lees ook: Kan jy bekostig om af te tree?

iStock: Fabian Gysel

Beplanning is belangrik: ’n Suksesvolle vlug kort ’n vlugplan

Net soos in die geval van ’n vliegtuig se vlugplan het jou finansies ’n plan nodig en net soos ’n beheertoring het jy goeie kommunikasie nodig om op koers te bly.

  • ’n Vliegtuig word voor elke vlug fyn deurgekyk vir skade en probleme. Jou finansiële plan moet ook gereeld onderhou en hersien word soos jou lewensituasie verander.
  • Vir ’n suksesvolle vlug benodig jy goeie kommunikasie tussen vliegtuig en beheertoning (jou beplanner) om koers te hou. ’n Goeie finansiële plan vereis ook gereelde en duidelike kommunikasie met jou finansiële beplanner om jou plan relevant te hou. Eweneens moet jy goeie kommunikasie met jou wederhelf en kinders hê as hulle deel van die plan is.
  • Volg die plan so nougeset as ’n vlugplan, maar maak veranderinge soos om uit te swenk vir ’n storm.
  • Hou streng by die reëls; bv. regulasies vir belasting en aftreefondse.

Lees ook: Gemoedsrus: Wat jy moet weet oor inkomstebeskerming en mediese dekking

5 dinge wat almal moet weet voordat hulle ’n kar koop

iStock: d1sk

Die noodsaaklikhede vir finansiële beplanning

  • Mediese fonds en gapingdekking is jou reddingsgordel in nood.
  • ’n Noodfonds vir onvoorsiene gebeure
  • ‘n Testament sodat jou bates volgens jou wense verdeel word
  • Lewensdekking sodat jou gesin nie na jou dood met onbetaalde skuld worstel nie
  • Inkomstebeskerming sodat jy jou grootste bate – dat jy geld verdien- beskerm
  • Duidelike spaardoelwitte soos jou kinders se opleiding, of ’n deposito vir ’n huis of motor.
  • ’n Aftreeplan

Jou oorsiglysie

Voor elke vlug moet ’n vlieënier met ’n lysie om die vliegtuig stap en elke boksie afmerk. Jou finansiële plan werk net so.

Kan jy al hierdie boksies merk?

  • My testament in op datum
  • My testament is deur getuies onderteken
  • Ek weet waar my testament is
  • Ek het genoeg lewensdekking vir al my kapitaal- en -inkomstebehoeftes
  • Ek het genoeg ongeskiktheidsdekking as ’n ongeluk gebeur
  • Ek weet hoeveel ek vir my aftrede moet voorsien
  • Ek het nie kredietkaartskuld nie
  • My finansiële afhanklikes (kinders, ouers of ander familielede) sal versorg word as ek iets oorkom
  • Ek betaal nie te veel bankkostes nie
  • Ek beplan vir môre – ek leef nie net een dag op ’n slag nie
  • Ek verstaan al die kontrakte wat ek onderteken het
  • Ek is ten volle bewus van al die belastingsinplikasies van al my beleggings
  • Ek stel nie belangrike finansiële besluite uit nie.

As jy nie hierdie punte in orde het nie, kan ’n finansiële beplanner help.

iStock:CarlaNichiata

Lees ook: Wat jy moet weet oor spaarplanne

Jy kan vanjaar R60 000 spaar

Voorsorg is beter as skade-beheer

Dis veel makliker om ’n vliegongeluk te verhoed as om agterna te probeer uitwerk hoekom dit gebeur het.

Gebruik een dag per jaar om die volgende te doen

  • Hersien jou testament
  • Hersien jou versekeringspolisse
  • Evalueer bankkostes en heffings
  • Maak seker korttermynversekering is op datum
  • Hersien jou maatskappyvoordele
  • Bestudeer jou mediese fonds se voordele

Maak hierna ’n afspraak by jou finansiële beplanner sodat jul die vordering op jou plan kan bespreek en kyk of aanpassings nodig is.

iStock: FG Trade

Kry jou beplanning op datum: “Sorg jy het suurstof voor jy ander passasiers help”

Vlugpersoneel maan dat jy eers jou eie suurstofmasker moet aansit voor jy ander help. Dieselfde geld finansiële beplanning; sorg eers dat jou eie beplanning op datum is en kyk dan na jou geliefdes se geldbeplanning. Is jou wederhelf/metgesel se beplanning op datum? Het jou ouers ’n testament en mediese fonds? Beplan jou kinders hul finansies vir die toekoms?

Goeie finansiële raad vroeg in jou lewe kan ’n lang en rustige vlug verseker. Al begin jy veel later met beplanning, kan dit steeds verhoed dat jou finansiële vlug in ’n vliegongeluk eindig.

Lees ook: Maak geldslim kinders groot

Wat jou dogter van geld moet weet

Maak vriende met Jan Taks

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

55 seconds Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

6 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

7 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

7 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

7 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.