Hoe om te sê hoe erg jou pyn is deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/eclipse_images
Ons verstaan mekaar beter as ons dieselfde definisies gebruik. Kyk hierdie oulike skaal om te verduidelik hoe intens jy pyn, emosies of enigiets anders ervaar.
Niks
Jy is pyn-vry
Lees ook: Jy vra: Is dit Ponsetti-tegniek vir klompvoet seer vir babas?
Effens
Jy het soms ligweg pyn maar jy is die meeste van die tyd onbewus daarvan
Lees ook: Vinnige, effektiewe raad vir heuppyn weens bursitis
Lig
Jy het ligte pyn wat meestal teenwoordig is en soms erger word
Lees ook: Die perfekte dieet vir maagpyn en diarree
Ongemaklik
Al pla die pyn jou kan jy dit gewoonlik hanteer
Lees ook: Drie wenke vir rugpyn
Matig
Die pyn pla jou heeltyd maar jy kan dit ignoreer en met jou lewe aangaan
Lees ook: Hoekom raak vroue makliker verslaaf aan pynpille?
Swaar
Die pyn is so steurend dat jy dit net vir ’n tydjie kan ignoreer
Lees ook: Is dit hoekom jy maagpyn het?
Hewig
Die pyn is erg en ontstellend. Dit beïnvloed jou so dat jy nie kan konsentreer nie.
Lees ook: Divertikulitis – meer as net maagpyn
Geweldig
Die pyn is so erg dat dit jou lewe omvergooi. Dit keer dat jy slaap, sosialiseer en werk
Lees ook: Fibromialgie, die pyn wat nooit ophou nie
Intens
Pyn van so ’n graad dat jy nie kan beweeg nie. Dit is selfs moeilik om te praat
Lees ook: 4 redes hoekom dit belangrik is om rugoefeninge te doen
Ontsettend
Pyn so erg dat jy nie kan praat nie maar waarskynlik huil of kerm
Lees ook: Wat jy moet weet oor motorneuronsiekte
Oorweldigend
Pyn wat veroorsaak dat jy nie meer by jou volle positiewe is nie