kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Hoe om self kruie te kweek

Hoe om self kruie te kweek deur Cornel Dunn. Hooffoto Pexels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Houers

Die materiaal vir jou houer kan wissel. Dit kan klei, hout of metaal wees, solank dit genoeg dreinering het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Glasflesse vertoon pragtig in ’n kruietuin, maar is nie effektief nie. Die wortels van die plant sal uiteindelik vrot as gevolg van gebrek aan dreinering.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kies ’n pot wat volgens sy grootte by die plant se grootte pas.  Indien die pot te groot is, sal die plant te veel sukkel om ’n wortelstelsel te vestig.

’n Te klein pot stop weer behoorlike ontwikkeling.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kies jou kruie

As dit jou eerste poging is, begin eenvoudig. Pietersielie, kruisement en basielkruid is ideaal vir ’n pot. Hulle kan ook gereeld geoes word.

Basielkruid

Dit is maklik om hierdie krui te groei. Dit doen veral goed in ryk grond wat baie water kry.

Kruisement

Hierdie krui groei goed in sy eie houer en in direkte sonlig. Dit kan tog ’n bietjie koelte hanteer.

Origanum

Origanum is klein met geurvolle blaartjies. Dit verkies vol sonskyn met hope dreinering.  Hierdie plantjie is broos en moet in die winter liefs na binne gebring word

Pietersielie

Sjefs verkies gewoonlik die platblaar pietersielie bo die gekrulde een. Dit het blykbaar meer geur. Pietersielie gedy in goed gedreineerde grond met gedeeltelike skadu.

Tiemie

Tiemie is baie geurig en het minder water nodig. Hierdie plant verkies goed gedreineerde grond en vol sonlig.

Tiemie is baie geurig en het minder water nodig. Hierdie plant verkies goed gedreineerde grond en vol sonlig.

Roosmaryn

Hierdie blare is besonder geurig. Die kruie verkies koel weersomstandighede met genoeg son en klam grond. Bring ook roosmaryn na binne gedurende die winter.

Grondvoorbereiding

Maak seker dat jy potgrond en nie tuingrond vir jou kruietuin koop. Hierdie grond dreineer baie beter. ’n Laag klippies onderin die pot sal ook baie help met dreinering. Maak ook seker jy voeg gereeld voedingstowwe by die grond om die plante optimaal te laat groei.

Lees ook: Plante wat selfs beginners aan die groei kan kry

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

14 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

15 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

19 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

19 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.