Hoe om self Kersklappers te maak deur Cornel Dunn en Elandrè Swart. Hooffoto: Lee Schwagele van CRPhotographic
Hoe om self Kersklappers te maak:
Benodigdhede
- Dun wit karton
- Sneespapier
- Gomstokkies
- ’n Liniaal
- ’n Potlood
- ’n Skêr
- Kleefband
- Lint
- ’n Naamkaartjie
- Geskenk vir binne
- Opsioneel – “Cracker snaps”
- Opsioneel – Gedroogde suurlemoen en linte vir versiering
Stappe
Stap 1: Meet met ’n maatband of liniaal hoe groot jy die Kersfeesklapper wil hê en merk dit op wit dun karton.
Stap 2: Skuif die een kant van die liniaal en trek ’n halfsirkel
Stap 3: Gebruik die eerste halfsirkel as ’n templaat vir die res van jou Kersfeesklappers.
Stap 4: Draai die papier in ’n kegelvorm en plak met kleefband vas.
Stap 5: Maak die sneespapier oop en vou dit dubbel sodat dit nie te dun is nie.
Stap 6: Begin die kegel rol van een punt van die sneespapier en vou die punt in sodat jy die effek kry van baie papier wat uit die kegel steek. Plak met gomstokkies vas.
Stap 7 (Opsioneel): Sit ’n geskenk of selfs ’n oulike briefie binne-in. Jy kan ook cracker snaps gebruik sodat dit klap wanneer jy die klapper breek.
Stap 8: Vat die papier wat oorsteek uit die kegel, sit ’n lint, ’n naamkaartjie en stukkie gedroogde suurlemoen op en maak vas.
Lees ook:
10 nostalgiese Kerskoekies wat jy nou moet bak
Bak en versier ’n gemmerbroodhuisie!
Die mooiste idees vir jou Kerstafel
Doen dit self: ’n Plaas-Kersfees
Die lekkerste spyskaart vir ’n Kerspiekniek
Nostalgiese spyskaart vir Kersfees
Die lekkerste Kuierkos-Kersspyskaart
’n Laekoolhidraat spyskaart vir Kersfees
Spyskaart vir ’n vegetariese Kersete
Die oulikste handwerkprojekte vir Kersfees wat jou kinders kan maak