iStock
Hoe om positief tydens die inperking te bly – en dit as ’n tyd vir heling en ontwikkeling te sien deur Anys Rossouw. Hooffoto: iStock/stockfour
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Besoek sacoronavirus.co.za om op hoogte te bly met die Covid-19-situasie in Suid-Afrika
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Covid-19 veroorsaak wêreldwyd vir mense en gemeenskappe ʼn krisis. Die wêreld is op geen manier hiervoor voorbereid nie. Dit dompel die wêreld in ʼn resessie en min mense word gespaar van die vernietigende finansiële impak daarvan.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Om nie eers te praat van die lewensverliese, die mediese impak van die siekte, die emosionele impak van kommer, angs, hartseer en onsekerheid oor die toekoms nie.
Om ons sien en hoor ons reeds meer as genoeg neerdrukkende feite en verhale van mense se swaarkry en hartseer.
Lees ook: Covid-19 en die winkels – hoe om veilig inkopies te doen
Die verskil tussen die simptome van Covid-19, griep en verkoue
Hoe om positief tydens die inperking te bly – en dit as ’n tyd vir heling en ontwikkeling te sien
Om die verspreiding van die virus verder te beperk, is Suid-Afrikaners vir 21 dae ingeperk tot hul huise. Vir almal is dit ʼn onbekende, onsekere en stresvolle tyd, wat ander eise en uitdagings stel en aanpassings vra.
Ironies genoeg kan juis die Chinese woord vir krisis ons tog leiding in die hantering hiervan, gee. Die Chinese woord krisis bestaan uit twee tekens, waarvan die een gevaar en die ander een geleentheid, beteken.
Hoe mense oor die krisis dink en dit hanteer, gaan bepaal watter effek dit op hulself, die mense om hulle, hul werk en toekoms gaan hê. Dat mense egter bekommerd is, angstig en depressief voel en raak, is menslik en ʼn natuurlike reaksie op buitengewone gebeure, onsekerhede of verlieservaringe.
Krisisse en moeilike tye verander altyd mense, hul verhoudinge en toekoms óf ten goede óf ten kwade. Dis belangrik om dit aan te pak as ʼn geleentheid om die beste in jou na vore te bring, om weer vanselfsprekende dinge te waardeer en as ʼn geleentheid te sien om na die krisis tog sekere dinge beter of makliker te kan doen.
Die geskiedenis het ons geleer dat na elke geweldige krisis vir die mens of natuur daar ʼn nuwe tyd van opbou, herstel en dikwels versnelde of anderse groei voorlê. Die mooi en karaktervolle bome het dikwels swaar gekry, in hul moeisame verskrompelde kronkels en boë lê hul sterkte én prag.
Lees ook: Kruispaaie: Hoe jy krisistye kan oorleef
Ons beleef op ʼn manier ʼn woestyn-ervaring, ʼn gestrooptheid van die bekende manier van doen, dink en wees. Hierin kan dit vir ons ook soos vir soveel profete en leiersfigure juis ʼn tyd van visie, heling en stilte word … ʼn tyd waarin jy tot inkeer in jouself kan kom. ʼn Tyd om te begin om in ʼn ander rat te lewe. Stadiger, rustiger, want ons is nie meer laat vir iets of jaag iewers heen nie. Dis ons geleentheid vir meer tyd vir mekaar, vir dink, wonder, besin, lees … om dié dinge te doen, waarby ons nét nóóit uitkom nie. Dit kan ook ʼn kreatiewe tyd vir ontdek wees: jou eie innerlike sterkte, aanpassingsvermoë en kreatiwiteit om nuwe dinge te skep of te leer.
Inperking gaan oor grense, en die beperkinge op sekere vryhede met die groter doel om mense en die wêreld te beskerm. Die staat en instansies stel grense om die land en gemeenskappe se welstand te verseker. Mense stel ook persoonlike grense waarbinne hul outonoom en gesond kan wees. Die staat stel grense deur reëls, regulasies en wette. Die ideaal is egter dat die grense mense en samelewings se morele waardes vergestalt, want dan internaliseer en identifiseer mense makliker daarmee. As mense dit egter net sien as reëls wat ander op my afdwing, is hul geneig om altyd ʼn skuiwergat te soek om dit te omseil. ʼn Goeie maatstaf vir almal vir morele optrede ook in hierdie situasie, is: Wat is die regte intrinsieke goeie en welwillende ding om te doen, wat vir my, maar ook vir ander en die omgewing en planeet goed sal wees? Dan raak die inperking nie net ʼn beperking nie, maar ʼn reëling vir almal om gesond en vry te bly.
Hoe om positief tydens die inperking te bly – en dit as ’n tyd vir heling en ontwikkeling te sien
Die inperking verg ’n nuwe manier van wees, van leef en dink. Dit gee ons geleenthede om te groei, maar dit vra ʼn paar dinge van elkeen van ons:
Lees ook: Luister nou na ons nuwe mini-reeks vir die inperkingstyd – Hoe gaan dit met jou? Ons gesels eerste met Erns Grundling om te hoor hoe hy die inperking hanteer.
Het jy geweet? Jy kan 70% afslag op ’n digitale kopie van ons April-uitgawe kry!
Slaggate om in die tyd van inperking te vermy om te keer dat jy emosioneel en fisies ook nog daaronder gaan ly. Vermy die depressiewe leefstyldinge, soos
Lees ook: 10 dinge wat jy in jou klerekas moet uitsorteer tydens die inperking
Hoe om positief tydens die inperking te bly – en dit as ’n tyd vir heling en ontwikkeling te sien
Hou so ver moontlik jou gewone goeie positiewe roetines in stand en doen die basiese dinge steeds reg.
Lees ook: Die beste wenke om jou huis en lewe te ontklotter
Hoe om positief tydens die inperking te bly – en dit as ’n tyd vir heling en ontwikkeling te sien
Lees ook: Kweek hierdie kruie in jou tuin
Pak die uitdaging aan en maak hierdie ʼn tyd van anders dink en wees. ʼn Goeie groei en saam-ervaring waarna jy en die mense om jou nog met heimwee gaan verlang.
Lees ook: 5 dinge wat jy kan doen om jou beroep tydens die inperking te bevorder
Hoe om positief tydens die inperking te bly – en dit as ’n tyd vir heling en ontwikkeling te sien
Anys Rossouw is ʼn opvoedkundige sielkundige in Menlopark Pretoria. Sy kan gekontak word by 012-460 7366 of by anys@anys.co.za vir afsprake. Zoom of Skype konsultasies is moontlik.
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.