Hoe om ’n slim-televisie te kies Deur Cornel Dunn. Hooffoto Pixabay
So, wat presies is ’n slim-televisiestel?
In ’n neutedop bied hierdie slim toestel jou die geleentheid om aanlynmedia te besigtig sonder die gebruik van ekstra elektronika!
Lees ook: Ken jy podsendings? en Die rooi rose-redaksie se gunsteling-podsendings

Samsung 43″ Slim TV (R6 199) Takealot
Hoe werk ’n slim-TV?
Hierdie televisiestel kan inskakel by jou bestaande internet met die hulp van die koordlose internetlyn wat jy ook vir jou rekenaar gebruik. Sodra jou TV gekoppel is, sal verskeie toepassings op jou skerm verskyn. Jy kan hieruit kies of ekstra oplaai.
Lees ook: Die jongste kombuistendense waarvan jy nou moet weet

Samsung 32″ Slim-TV (R2 999) Takealot
Die voordeel van slim-TV
Die grootste voordeel van hierdie modelle is die toegang wat dit jou bied tot ’n groot verskeidenheid kanale wat TV-programme, rolprente en musiek bied.
Lees ook: Vetplante vir beginners

LG 55″ Slim-TV (R11 499.00) Game
En die nadeel?
Ekstra uitgawes … Alhoewel die slim-TV jou baie gratis kykstof bied, is daar ook baie waarvoor jy sal moet betaal. Die voordeel bly egter steeds dat jy net betaal vir waarna jy kyk.
Lees ook: Immergroen Mid-Century

JVC 58″ Slim TV (R6 898.85) Game
Is daar alternatiewe tot die slim-TV?
Indien jou televisiestel nog in ’n goeie toestand is, kyk uit vir ekstra elektronika om dit op te gradeer. Een so ’n voorbeeld is die Google Chromecast. Dit is ’n klein toestel wat jy by jou televisiestel se HDMI-opening kan inprop. Dit is baie bekostigbaar.
Lees ook: Kleur in met strooikussings

Hisense 43″ Slim-TV (R4 805) Takealot
Verskaffers
Takealot | www.takealot.com
Game | www.game.co.za