kategorieë: Wenke

Hoe om ’n bevogtiger te kies

Kies ’n bevogtiger vir jou vel-tipe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vogroom teenoor vloeibare bevogtiger

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Room het ’n baie dikker tekstuur as ’n vloeibare room en is beter geskik vir ’n droë vel, want dit kan olie bevat of is olie-gebaseer, sê Sonette Donker, Dermalogica se kommunikasiebeampte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Room bly meestal op die oppervlak van jou vel danksy die molekulêre grootte, en vorm ’n goeie versperring wat die vel beskerm.” ’n Vloeibare room is gewoonlik ligter in konsekwentheid en tekstuur en bevat bevogtigende bestanddele wat maklik jou vel binnedring. As jy ’n kombinasie-vel het, moet jy eerder ’n room in die winter gebruik en ’n vloeibare room in die somer.

Wat is jou vel-tipe?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Olierige vel
As jy ’n olierige vel het, het jy ’n olierige T-sone op jou voorkop, neus en ken en jou gesig is geneig om te blink kort nadat jy dit gewas het.

’n Olierige vel het bevogtiging nodig omdat dit baie olie bevat, maar nie genoeg vog nie. Skoonmaakmiddels wat hard is op die vel en alkohol-gebaseerde produkte kan ’n uitgedroogde olierige vel stroop en die vel reageer op die aggressiewe verwydering van sy natuurlike olie deur meer olie te vervaardig.

“Ons vind dikwels dat as ’n ligte, bevogtigende vloeiroom op ’n olierige vel gebruik word, balanseer dit die olie-produksie en die vel produseer outomaties minder olie.”

Jacqui Faucitt, uitvoerende hoof van RégimA stem saam: “Korrekte bevogtiging sal vloeistof en die olie-balans binne die vel in stand hou en olierige afskeiding verminder.” Sy verduidelik daar is ’n verskil tussen ’n gehidreerde en ’n olierige vel.

’n Goed gehidreerde vel is gladder, lyk varser, is veerkragtiger om aan te raak en is gesonder. Sy waarsku dat mense met ’n olierige vel versigtig moet wees as hulle produkte met sonskerm kies. Te veel titaandioksied, wat gebruik word in baie produkte wat SPF bevat, kan die porieë blokkeer. Kies ’n ligte room soos Dermalogica Oil Control Lotion.

Droë vel
Jy het ’n droë vel as jou gesig styf voel nadat jy dit gewas het en voordat jy bevogtiger aangewend het. As jou wange maklik rooskleurig raak, is jou vel droog. Dan moet jy ’n dikker room kies soos RégimA Daily Survival.

Kombinasie-vel
’n Kombinasie-vel sal ’n olierige T-sone en droër wange hê. Paula’s Choice Hydralight Shine Free Daily Mineral Kompleks SPF 30, is ideaal vir kombinasie-velle.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

15 mins Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

3 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

4 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

23 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

23 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

24 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.