Hoe om meer intimiteit in jou verhouding te skep deur Mariette Snyman. Hooffoto:iStock/Dean Mitchell
Daar is verskeie elemente in jou daaglikse lewe wat die intimiteit tussen jou en jou lewensmaat beïnvloed. Ken dit uit, en leer hoe om meer intimiteit in jou verhouding te skep.
Het jy geweet? Faktore soos erotiese intelligensie, samelewingsverwagtings, selfkennis, en gemaklikheid in jou lyf kan die vlak van intimiteit in jou liefdesverhouding beïnvloed.
Meer oor Delene van Dyk
Delene van Dyk, is ’n psigoseksuele opvoeder (sex educator) van Kaapstad
Vir meer inligting kontak gerus vir Delene.
083 253 5122
Facebook: Sex4Adults with Delene van Dyk
Lees ook meer oor die werk wat Delene doen. Klik hier
Delene van Dyk se Opleidingsmodel – “Binaries and Boxes, or not!”
“Binaries” dui op die wanvoorstelling dat daar altyd net twee moontlikhede is – jy is byvoorbeeld óf heteroseksueel óf gay. Vir sommige mense is die werklikheid meer kompleks.
“Boxes” wys op die “boksies” waarin ons ander mense sit, dikwels sonder om hulle te vra waar hulle reken hulle hoort.
Die vier kwadrante waarvan Delene praat:
Geslag toegeken tydens geboorte op grond van die baba se genitalieë (sex), bv: die baba het ‘n vulva of vagina en is dus ‘n dogtertjie. Hierdie óf/óf benadering laat nie ruimte vir interseks kinders nie.
Sosiale verwagtinge gekoppel aan die geslag wat tydens geboorte toegeken is (gender), bv: dis ‘n seuntjie, en daarom trek ons vir hom blou aan en leer ons hom “cowboys don’t cry.” Ons maak die aanname dat hy soos ‘n man sal voel en optree. Dit geld nie vir alle mense nie.
Seksuele oriëntasie sluit jou hele identiteit in, nie net fisieke aangetrokkenheid nie. Dit gaan oor met wie jy graag ‘n verhouding wil bou – sou dit met ‘n man wees, met ‘n vrou, of maak dit nie saak nie?
Seksuele gedrag sluit passie, begeerte en fantasie in. Dit kan in lyn wees met jou seksuele oriëntasie – of nie. Omstandighede soos ‘n prostatektomie dwing mense ook om “uit die boks” te dink.