kategorieë: Gesondheid

Hoe om kegeloefeninge reg te doen

Is jy geleer om kegeloefeninge te doen terwyl jy urineer?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is heeltemal verkeerd, sê Lizelle Grindell van die Pelvic Floor and Urotherapy Institute in Johannesburg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Jy verwar jou brein: aan die een kant gee jy instruksies dat hy urinering moet laat gebeur maar dan sê jy hy moet ophou terwyl jy nog nie naastenby klaar is nie. Al doel wat dit het om kegeloefeninge uit te voer terwyl jy urineer is om te sien of jou spiere sterk is of al versterk het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Die regte manier is om jou oefening op ’n ander tyd te doen.

“Begin deur te leer waar hierdie spiere sit en hoe dit voel as hulle saamtrek. Jou brein sal doen wat jy hom voorsê. Dink daaraan as drie groepe spiere wat jy saamtrek: jou anusspiere, die middelste spiere rondom jou vaginale opening en die voorste spiere, by jou vagina.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maak so:
1 Gaan sit op ’n tafel, met die hoek tussen jou bene.

2 Begin agter en trek jou anusspiere saam, asof jy ’n windjie moet keer.

3 Lig nou die middelste spiere op. Dit moet voel asof die vel rondom die vaginale opening van die tafel af oplig.

4. Sit nou jou voorste spiere by en laat al die spiere na mekaar en op trek. Dink daaraan as diep, dik lae spiere wat saamtrek, en nie net die buitenste vel nie.

5 Hou die spiere styf vir drie sekondes, terwyl jy diep en rustig asemhaal. En moenie asem ophou of jou maag intrek nie.

6 Begin nou die spiere ontspan, van voor na agter.

7. Doen dit drie keer, en herhaal dit twee keer per dag.

8. Aan die begin sal jy beswaarlik drie sekondes kan uithou maar mettertyd sal jy jou spiere tot so lank as tien sekondes kan inspan.

Goeie plan: benut die tyd wat jy in spitsverkeer sit om jou kegels te doen.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

8 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.